Pain ver­ras en ge­skok oor uit­spraak

Suid-Kaap FORUM - - News - • Vir vo­ri­ge be­rig­te hier­oor, be­soek ons web­tuis­te by www.suid­kaap­fo­rum.com

RIVERSDAL S­te­phen Pain en sy regs­ver­teen­woor­di­ger staan die uit­spraak van sy saak teen na­dat hy Vry­dag 9 Maart weer in die hof op S­til­baai ver­skyn het. Hy is daar­aan skul­dig be­vind dat hy die be­sker­mings­be­vel teen hom oor­tree het en is ’n boe­te van R1 000 op­ge­lê. ’n Be­ken­de in­wo­ner, voor­ma­li­ge po­li­ti­kus en boer van die om­ge­wing, T­heuns Bo­tha en sy vrou, Sa­rie, het reeds drie jaar ge­le­de, in 2015, die be­sker­mings­be­vel teen Pain ge­kry, om­dat hy na be­we­ring 'n skrik­be­wind teen hul ge­sin voer. Land­dros Re­tha P­re­to­ri­us het ty­dens haar uit­spraak ge­sê dat Pain nie daar­aan skul­dig is dat hy Sa­rie Bo­tha na 'n win­kel ge­volg het nie, maar wel dat hy 'n vi­deo-op­na­me van haar voer­tuig ge­maak het wat bui­te die win­kel ge­staan het. ‘‘Sy het daar­deur be­dreig ge­voel.’’ Sy het by­ge­voeg dat dit nie goed is dat hul­le nie in goeie buur­man­skap met me­kaar saam­leef nie, maar dat daar ‘bad b­lood’ tus­sen hul­le is. In Pain se ver­weer het sy pro­ku­reur ge­sê dat dit nie sy voor­ne­me was om haar las­tig te val of te teis­ter nie, maar dat hy die voer­tuig af­ge­neem het om­dat hy ver­moed het dit was die­self­de voer­tuig wat, vol­gens hom, hom blyk­baar in ’n vo­ri­ge ge­leent­heid am­per raak­ge­ry het. Pain het aan Suid-Kaap Forum ge­sê dat hy ver­ras en ge­skok is oor die uit­spraak en dit daar­om gaan teen­staan. Hy ver­skyn weer op 4 Ju­nie in die Riversdal-land­dros­hof vir aan­soek om ap­pèl.

S­te­phen Pain het weer Vry­dag 9 Maart in die hof op S­til­baai ver­skyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.