Van die ge­meen­skap, maar ook vir die ge­meen­skap

Suid-Kaap FORUM - - News -

RI­VERS­DAL Die plaas­li­ke ge­meen­skaps­po­li­si­ë­rings­fo­rum (GPF) nooi die ge­meen­skap uit om by hul pret­ti­ge, maar be­lang­ri­ke ge­meen­skaps­dag aan te sluit.

Die ge­hoor sal meer oor vei­lig­heid op Sa­ter­dag 3 No­vem­ber leer, ter­wyl san­gi­tems en an­der ver­maak ge­niet kan word. E­nig­ie­mand is wel­kom om die pro­gram wat 10:00 voor die bur­ger­sen­trum in Van den Berg­straat aan­ge­bied word by te woon. Die doel van hier­die ge­leent­heid is om ver­hou­dings tus­sen die po­li­sie, GPF en die ge­meen­skap te be­vor­der en ver­sterk. Lt. kol. De­li­cia I­saacs, plaas­li­ke sta­sie­be­vel­voer­der, sal gas­te ver­wel­kom, ter­wyl GPF-voor­sit­ter, Beth Pai­ne en Zel­da Beu­kes, Da Ga­mas­kop groep­voor­sit­ter meer oor die doel van die pro­jek gaan ver­tel. Be­kend­stel­ling van ge­skenk­sak­kies wat aan be­hoef­ti­ge kin­ders in die streek uit­ge­deel gaan word, sal deur Pier­re Roode ge­doen word. S­legs ko­ör­di­neer­ders van or­ga­ni­sa­sies, buurt- en plaas­wag­te saam met GPF-le­de sal ty­dens die twee­de helf­te van die pro­gram na voor­leg­gings luis­ter ter­wyl hul­le mid­dag­e­te ge­niet.

Lt.kol. De­li­cia I­saacs gaan die ge­meen­skap Sa­ter­dag 3 No­vem­ber by die GPF se funk­sie ver­wel­kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.