Buurt­wag help met mas­sa­pa­trol­lie

Suid-Kaap FORUM - - Forum -

HESSEQUA A­friForum se buurt­wag het op 19 Ok­to­ber aan ’n mas­sa­pa­trol­lie in hul on­der­skeie ge­bie­de deel­ge­neem.

Dit is in sa­me­wer­king met die po­li­sie ge­hou en hul­le het ver­skeie ak­sies deur die loop van die nag ge­loods om Hessequa ’n vei­li­ger plek te maak. Al­te­saam 85 pa­trol­leer­ders het by­kans 1 407 km met 52 voer­tuie in 184 man-ure af­ge­lê. Geen erns­ti­ge mis­daad­voor­val­le is aan­ge­meld nie. Die po­li­si­ë­ring­sig­baar­heids­pa­trol­lie het om­streeks 16:00 be­gin tot 06:00. “Ons sal deur­lo­pend soort­ge­ly­ke pro­jek­te en ge­reel­de pa­trol­lies, in sa­me­wer­king met die po­li­sie en an­der vei­lig­heids­in­stel­lings aan­pak om mis­daad hok te slaan,” sê Jo­handré van Zyl, A­friForum se streeks­hoof vir ge­meen­skaps­vei­lig­heid in die Noord-, Oo­sen Wes-Kaap. Ar­no G­rey­ling, dis­triks­ko­ör­di­neer­der vir die Suid-Kaap voeg by dat die Hessequa-tak ’n be­son­der­se fo­kus op vei­lig­heid het en in dié op­sig van krag tot krag sal gaan. Raak by hul­le be­trok­ke en help om jou ge­meen­skap te be­vei­lig. SMS ‘Vei­lig’ na 45342 @ R1.

Le­de van die Gou­kou-plaas­wag

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.