GPF gee te­rug aan ge­meen­skap

Suid-Kaap FORUM - - Forum -

RI­VERS­DAL Die plaas­li­ke ge­meen­skaps­po­li­si­ë­rings­fo­rum (GPF) het Sa­ter­dag 3 No­vem­ber ’n ge­meen­skaps­funk­sie by die bur­ger­sen­trum en T­hus­ong-sen­trum aan­ge­bied.

Ver­skeie rol­spe­lers wat wis­sel van plaas­wag­te, buurt­wag­te en po­li­sie­le­de het dié spog­ge­leent­heid by­ge­woon. Die doel was om ver­hou­dings tus­sen die po­li­sie, GPF en die ge­meen­skap te be­vor­der en te ver­sterk. Die fo­kus was op die te­ma: Vei­lig­heid is al­mal se ver­ant­woor­de­lik­heid, ge­rig. By die bur­ger­sen­trum het die ge­meen­skap, waar­on­der kin­ders en vol­was­se­nes, on­der an­de­re na ’n praat­jie van Mos­sel­baai se hon­de-een­heid ge­luis­ter. Hier is ver­dui­de­lik wat­ter soort hon­de die po­li­sie ge­bruik. GPF-voor­sit­ter Beth Pai­ne het ge­sê: “Ons moet ont­hou dat ons as ge­meen­skap die po­li­sie help deur ’n ver­len­ging van hul oë en ore te wees.” Kapt. Al­roy Vinc­ke het ty­dens ’n aan­sit­e­te by die T­hus­ong-sen­trum ver­dui­de­lik wat­ter soort ge­sins­ge­weld daar is. Hy het dit dui­de­lik ge­maak dat dit nie slegs vroue en kin­ders is wat on­der mis­han­de­ling ge­buk gaan nie. Selfs Kers­va­der het ’n draai by die sen­trum ge­maak om ge­skenk­pak­kies aan be­hoef­ti­ge kin­ders te oor­han­dig. Leer­ders van Small Dre­ams-skool vir leer­ders met spe­si­a­le be­hoef­tes, het ge­sken­kies aan per­so­ne oor­han­dig wat deur Pai­ne be­dank is.

Fo­to: San-Ma­rié Cron­jé

Ja­mie-Lee B­lig­naut en Jay­lin War­niek het ’n rit op Kers­va­der se u­nie­ke bus­sie ge­niet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.