Meld dit aan

Suid-Kaap FORUM - - Forum -

RI­VERS­DAL E­ni­ge ver­dag­te ge­drag moet da­de­lik by die plaas­li­ke po­li­sie­sta­sie aan­ge­meld word.

Só vra lt. kol. De­li­cia I­saacs, Ri­vers­dal­po­li­sie se sta­sie­be­vel­voer­der. Sy waar­sku dat mis­daad in die dorp ge­lei­de­lik toe­neem en het die vol­gen­de rig­ly­ne ge­gee: • Sluit jou huis se deu­re. • Hou hek­ke en mo­tor­huis­deu­re dag en nag toe. • Moe­nie sel­fo­ne, hand­sak­ke, re­ke­naars en an­der waar­de­vol­le i­tems in jou mo­tor los nie. • Maak al­tyd se­ker jou mo­tor is ge­sluit. • Wan­neer jy iets, of selfs ie­mand ver­dag sien, meld dit aan. “Baie ge­val­le van dief­stal uit mo­tors is die af­ge­lo­pe tyd aan­ge­gee. Men­se is skep­ties om din­ge aan te meld. Ons het on­langs twee min­der­ja­ri­ges af­koms­tig van die Kaap, in die dorp ge­kry. Een van hul­le is reeds van moord en po­ging tot moord aan­ge­kla. Nie­mand ken hul­le nie, en nie­mand het dit aan­ge­meld dat die twee by ’n huis rond­hang nie. Die ge­meen­skap moet ons help en hier­die soort ge­drag aan­gee.” Ska­kel die po­li­sie­kan­toor by 028 713 8500.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.