’n Pyp vir jou top­pie

Suid-Kaap FORUM - - Voorblad - El­za T­hi­art-Bo­tes, kor­re­spon­dent

S­TIL­BAAI ’n Paar be­sig­he­de het nou ge­noeg daar­van ge­had dat si­ga­ret­stom­pies voor hul deu­re dood­ge­druk of -ge­trap en net daar ge­los word. Dié be­sig­he­de het met ’n plan vo­ren­dag ge­kom om dié pro­bleem in ’n ma­te hok te slaan, deur top­pie­py­pe by hul be­sig­he­de aan te bring. Die ei­e­naar van die lood­gie­ter- en bad­ka­mer­be­sig­heid Ca­pe Plum­bing & Bathroom S­til­baai, Ja­c­ques We­st­cot, het 10 plas­tiek wa­ter­af­voer­py­pe ge­skenk, met S­til­baai Kel­ders wat by­ko­men­de py­pe ge­skenk en die eer­stes reeds op­ge­sit het. Dié py­pe word met plas­tiek­ka­bels ver­ti­kaal aan ’n paal of pi­laar vas­ge­bind en si­ga­ret­stom­pies word daar­in ge­gooi. Om dit leeg te maak, word ’n toe­skroef­dek­sel aan die on­der­kant af­ge­skroef. Be­sig­he­de word aan­ge­moe­dig om dié top­pie­py­pe aan te bring en die pro­jek te on­der­steun om so­doen­de ’n by­drae te le­wer tot ’n sko­ner S­til­baai. -

Fo­to: El­za T­hi­art-Bo­tes,

Jo­han­nie Ver­meu­len van S­til­baai Kel­ders en Ja­c­ques We­st­cot met die top­pie­py­pe. kor­re­spon­dent

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.