‘Droë’ skui­te ly ska­de

Suid-Kaap FORUM - - News - San-Ma­rié Cron­jé

S­TIL­BAAI Die vis­ser­ge­meen­skap van die dorp is ont­steld na­dat die hel­ling (slip­way) wat hul­le ge­bruik om hul bo­te in die wa­ter te kry, blyk­baar son­der e­ni­ge ken­nis­ge­wing op­ge­breek is. E­mi­le S­teyl wat ’n lyn­reg­hou­er is, is een van die wat nou ty­dens ka­bel­jou­tyd nie sy boot in die wa­ter kan kry nie. Vol­gens hom be­ska­dig die an­der hel­ling die skui­te en bo­te wan­neer hul­le dit van­daar in die wa­ter laat. “Die hel­ling wat hul­le vir ons be­skik­baar ge­stel het, is glad nie vir ons bo­te ge­skik nie. Nê­rens is ’n ken­nis­ge­wing op­ge­sit, uit­ge­stuur of ver­ga­de­ring ge­roep om ten min­ste ’n op­los­sing te be­spreek nie,” het hy ge­sê. Mees­te vis­sers is van die see af­hank­lik en sou ver­kies dat dié her­stel­werk of op­gra­de­ring bui­te ’n vis­sei­soen soos ka­bel­jou­tyd ge­doen word. As ge­volg van dié pro­ses het hul­le groot ver­lies aan in­kom­ste. Bo­te staan ‘droog’, soos hul­le dit noem. Vol­gens S­teyl kon selfs die NSRI on­langs ty­dens ’n nood­ge­val ’n an­der plan be­raam om in die wa­ter te kom. Hul­le het blyk­baar die Don­der­dag nog ’n oe­fe­ning ge­had en die vol­gen­de og­gend was die hel­ling op­ge­breek. Suid-Kaap Fo­rum is in die pro­ses om die be­trok­ke de­par­te­men­te en par­tye te kon­tak en die saak te on­der­soek.

Fo­to: Wil­ma A­damson

Die hel­ling wat deur by­kans al­le vis­ser­man­ne ge­bruik is om hul bo­te in die wa­ter te kry, is on­toe­gank­lik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.