Blu­es ver­eer hul spe­lers

Suid-Kaap FORUM - - Voorblad - Hein­rich For­tuin kor­re­spon­dent

Dit was geen ver­ras­sing nie toe Math­lin Fie­lies Vry­dag­aand 23 No­verm­ber as Blu­es-rug­by­klub se sport­man van die jaar en bes­te eer­ste span voor­spe­ler aan­ge­wys is ty­dens die klub se jaar­eind­funk­sie.

Die prys­uit­de­ling het in die Ri­ver­vil­le­sta­di­on plaas­ge­vind. Nic­ky Ju­ta, wat na twee ter­my­ne as uit­voe­ren­de be­stuurs­lid vir SWD uit­tree, het die klub ge­prys vir hul­le re­spek en ook meer van Blu­es se ont­staan ver­tel. Hy het ook die spe­lers en be­stuur met be­lang­ri­ke as­pek­te toe­ge­spreek en sterk­te toe­ge­wens met die 2019-rug­by­sei­soen.

Toe­ken­nings

• Aus­tin Se­foor - ju­ni­or spe­ler van die jaar en mees ont­wik­kel­de spe­ler-toe­ken­ning • De­la­no Ja­cobs - mees­te pun­te­ma­ker eer­ste span • Andrew Ja­cobs - bes­te ag­ter­spe­ler eer­ste span • Ke­a­win Mort­lock - op­ko­men­de spe­ler van die jaar twee­de span • Pa­trick Ja­cobs - mees ge­dis­si­pli­neer­de spe­ler • Hi­ron Fran­cies - mees toe­ge­wyd­ste klub­lid • Mi­cha­el Hen­dricks (twee­de span kap­tein) - SWD-kam­pi­oen­skap­tro­fee en span is deur die klub as span van die jaar aan­ge­wys • De­on van Ee­den - mees­te drieë en bes­te voor­spe­ler twee­de span • Dan­vil­le Heyns - bes­te ag­ter­spe­ler twee­de span • Fa­rou­ki Far­land - mees toe­ge­wy­de spe­ler

Fo­to: Hein­rich For­tuin, kor­re­spon­dent

Ryno Ja­cobs (hoof­af­rig­ter) oor­han­dig Mathlann Fie­lies se toe­ken­nings aan hom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.