Skoon­heid help sop­kom­buis

Suid-Kaap FORUM - - Voorblad -

Ja­ni­que Ger­ber (18), hoof­mei­sie van Ho­ër­skool Lan­gen­ho­ven het vir van­jaar se Miss High S­chool SA in­ge­skryf en is as een van die 15 fi­na­lis­te ge­kies. Haar groot­se voor­uit­sig was om ’n pro­jek te be­gin waar­by die plaas­li­ke ge­meen­skap kan baat, ver­al waar kin­ders be­trok­ke is. Sy het be­sluit om Sal­ly se Sop­kom­buis te on­der­steun deur kos en an­der be­no­digd­he­de daar­voor in te sa­mel. Ja­ni­que het dit reeds aan haar oor­han­dig. “Ek is baie dank­baar vir die He­re en vir haar wat die goed­jies vir my by­me­kaar ge­maak het. Ons kan al­les ge­bruik en dit is ’n groot se­ën. Dan­kie aan al­mal wat ’n by­drae ge­maak het en vir die moei­te wat ge­doen is om dit hier te kry. ’n Kind wat vra is werk­lik hon­ger en wan­neer my kind vir my kom vra, kan ek nie vir hom ’n klip gee nie,” ver­tel Hart­nick. Dít het haar ge­mo­ti­veer om ’n sop­kom­buis se­dert 2006 van­uit haar huis te be­dryf. Ja­ni­que neem in De­sem­ber aan die eind­ron­de van Miss High S­chool SA in Jo­han­nes­burg deel. Jou stem kan help dat ’n plaas­li­ke leer­der die vol­gen­de Miss High S­chool SA is. SMS ‘GEES MHS JA­NI­QUE’ na 37587.

Ja­ni­que Ger­ber oor­han­dig vars groen­te en an­der be­no­digd­he­de hier aan Sal­ly se ma, Ma­ria Hart­nick. Om­dat Sal­ly by die werk was kon sy dit nie ont­vang nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.