Ge­meen­skap moet hul­le se­ku­ri­teit op­skerp

Suid-Kaap FORUM - - Nuus | News -

Se­ku­ri­teit

Be­sig­he­de in die streek moet se­ku­ri­teit nou reeds op­skerp, maar ver­al ty­dens die fees­sei­soen. Lt.kol. De­li­cia I­saacs van Ri­vers­dal-po­li­sie waar­sku dat skelms maak of hul­le in ’n i­tem be­lang­stel en dan daar­mee uit die win­kel ver­dwyn son­der om te be­taal.

Kits­ban­ke

Vol­gens I­saacs hou ’n groe­pie tie­ners hoof­saak­lik be­jaar­des dop wat geld by kits­ban­ke trek. Een stamp die per­soon en die an­der gryp die geld. “Ons doen ’n be­roep op die ge­meen­skap om me­kaar te help. Pro­beer om nie al­leen dorp toe te gaan nie en ook nie al­leen geld te trek nie.”

On­wet­ti­ge drink­plek­ke

’n Paar on­wet­ti­ge drink­plek­ke (ta­verns) is reeds swaar boe­tes op­ge­lê. Hul­le ver­koop drank son­der ’n wet­ti­ge drank­li­sen­sie. I­saacs waar­sku ook ge­li­sen­sie­ër­de drank­win­kels en kroeë dat dit teen die wet is om hier­die on­wet­ti­ge plek­ke van drank te voor­ien. “Ons sal sorg dat li­sen­sies her­roep word in­dien hul­le aan­hou om drank by dié plek­ke af te le­wer. Dit bly teen die wet. Die ge­meen­skap moet ons help om ons oë en ore te wees.”

S­ko­le

S­ko­le moe­nie pro­ble­me wat maat­skap­lik ver­want is na die po­li­sie ver­wys nie. “Ou­ers is vin­nig om an­der ou­ers, vol­was­se­nes en on­der­wy­sers by die po­li­sie aan te gee voor hul­le self on­der­soek by hul eie kin­ders in­stel. Kyk eers waar jou kind ver­keerd is. Dit is skrik­wek­kend om te sien op wat­ter jong ou­der­dom kin­ders me­kaar be­gin boe­lie,” sê I­saacs.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.