Vrag­mo­tor­on­ge­luk eis jong­man

Suid-Kaap FORUM - - Nuus | News - C­li­ve P­re­to­ri­us kor­re­spon­dent

Die be­stuur­der van ’n vrag­mo­tor, Al­ton Vro­lik (24) van die Oos-Kaap is Vry­dag­og­gend 23 No­vem­ber nood­lot­tig be­seer toe die swaar­voer­tuig die pad ver­laat en om­ge­slaan het.

Die voor­val het on­ge­veer 03:30 so­wat 20 km bui­te Heidelberg plaas­ge­vind. Vro­lik en ’n kol­le­ga, An­tho­ny K­wa­shi­rai (41), was op pad om ’n vrag mo­tor­en­jins na die Oos-Kaap te ver­voer. Vro­lik het op die to­neel aan sy won­de be­swyk, ter­wyl K­wa­shi­rai met erns­ti­ge veel­vul­di­ge be­se­rings per he­li­kop­ter na die hos­pi­taal in Ge­or­ge ge­neem is. Ver­skeie po­li­sie-, am­bu­lans- en an­der nood­diens­te was op die to­neel. ’n S­waar­voer­tuig­hys­kraan moes uit Kaap­stad ont­bied word en die red­dings­wer­kers het vir na­ge­noeg vyf ure ge­suk­kel om die oor­le­de­ne en sy kol­le­ga te be­vry. Vro­lik laat sy pa, ma, d­rie broers en een sus­ter ag­ter. Geen be­graf­nis­re­ë­lings was teen sper­tyd be­kend nie. Vol­gens ao. Al­roy Wind­vo­gel, plaas­li­ke po­li­sie­woord­voer­der word ’n klag van straf­ba­re man­slag on­der­soek. In ’n an­der voor­val, on­ge­veer die­self­de tyd so­wat 5 km ver­der het nog ’n vrag­mo­tor die pad ver­laat en om­ge­slaan. Die be­stuur­der en sy kol­le­ga het on­ge­deerd daar­van af­ge­kom. Hul­le was met ’n vrag brood van­af Kaap­stad na Mos­sel­baai on­der­weg.

Fo­to: Fa­ce­book

Nie veel het van die vrag­mo­tor en sy vrag oor­ge­bly nie. Die lug­am­bu­lans kan in die ag­ter­grond ge­sien word. INLAS: Die oor­le­de­ne, Al­ton Vro­lik.

Die be­seer­de An­tho­ny K­wa­shi­rai word in die lug­am­bu­lans ge­laai. Fo­to’s: C­li­ve P­re­to­ri­us, kor­re­spon­dent

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.