Man vas­ge­pen na bot­sing

Suid-Kaap FORUM - - Nuus | News - San-Ma­rié Cron­jé

Mid­del­ja­ri­ge man het erns­ti­ge be­se­rings op­ge­doen na­dat hy met die ag­ter­wiel van ’n aan­ko­men­de vrag­mo­tor in Gar­ci­a­pas ge­bots het.

Die on­ge­luk het op Dins­dag 24 No­vem­ber om­streeks 14:00 plaas­ge­vind ter­wyl hy in rig­ting Ri­vers­dal ge­ry het. Hy was in die wrak vas­ge­pen en nood­diens­wer­kers moes hom be­vry waar­na hy na Ri­vers­dal-hos­pi­taal ge­neem is. Vol­gens die vrag­mo­tor­be­stuur­der het hy die bak­kie sien aan­kom en pro­beer pad­gee. Hy het ’n paar keer toe­ter ge­blaas om die man se aan­dag te pro­beer kry, maar dit was te­ver­geefs. Die be­stuur­der van die bak­kie het met ’n ag­ter­wiel van die vrag­mo­tor ge­bots en oor die pad ge­ry waar dit tot stil­stand ge­kom het. In­dien die voer­tuig nie daar ge­stop het nie, sou dit oor die af­grond aan die reg­ter­kant van die pad ge­ry het. ’n Man, wat mi­nu­te na die on­ge­luk op die to­neel aan­ge­kom het, het ge­sê dat die be­stuur­der van die bak­kie by­kans geen pols­slag ge­had het nie. “Ek was vir baie lank ’n ver­ple­ër en kon dui­de­lik sien dat hy iets ma­keer en nie net in skok was nie. Hy was baie ver­ward. Ek het da­de­lik sy pols ge­voel en hom met ’n klein kom­ber­sie pro­beer toe­gooi teen die koue en re­ën. Hier is geen sel­foon­op­vangs in die pas nie en ek kon nie­mand s­ka­kel nie. “Ge­luk­kig het twee be­ken­des daar aan­ge­kom en ek het hul­le toe ge­vra om die am­bu­lans te ont­bied. Dit het vir my voor­ge­kom of die man ’n lig­te hart­aan­val of be­roer­te kon ge­had het,” het die man ver­tel. Hes­se­qua-brand­weer en nood­diens­te, so­wel as die fo­ren­sie­se pa­to­lo­gie­se diens­te en plaas­li­ke po­li­sie was op die to­neel.

• Sien vi­deo en fo­to’s by www.suid­kaap­fo­rum.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.