Hu­man-broers maak weer so

Suid-Kaap FORUM - - Sport -

Die Hu­man-broers van dié dorp het die Hes­se­qua-streek se naam weer­eens hoog ge­hou in twee af­son­der­li­ke gholf­toer­nooie. Hans-Ju­rie (22) het die vier­dag Suns­hi­ne Tour Q S­chool-toer­nooi op Mac­cau­vlei ge­wen met ’n tel­ling van 11 on­der baan­sy­fer. Al­te­saam 90 gholf­spe­lers het deel­ge­neem. Jan Hu­man (15) het die ‘ou man­ne’ ty­dens Albertinia-gholf­klub se jaar­lik­se klub­kam­pi­oen­skap uit­ge­stof en die A-af­de­ling ge­wen, wat hom die klub­kam­pi­oen maak. Ka­rools Jan­se van Rens­burg het die B-af­de­ling en Ca­rel Cron­jé die C-af­de­ling ge­wen.

Van links is Ca­rel Cron­jé, Jan Hu­man en Ka­rools Jan­se van Rens­burg. INLAS: Hans-Ju­rie Hu­man

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.