Die bes­te ge­skenk

Suid-Kaap FORUM - - Voorblad -

RI­VERS­DAL Min men­se kan hul­self in­dink hoe dit moet wees om glad nie te kan hoor nie. Selfs om jou ore toe te druk, is nie naas­ten­by ’n wa­re weer­ga­we daar­van nie. Ni­klaas Jan­sen, of Klaas soos al­mal hom ken, het sy ge­hoor in sy reg­ter­oor op ne­ge­ja­ri­ge ou­der­dom ver­loor. Op 19-ja­ri­ge ou­der­dom kry hy pam­poen­tjies, wat sy ge­hoor in sy lin­ker­oor aan­tas en geen ge­hoor­ap­pa­raat kon sy ge­hoor ver­be­ter nie. “My wê­reld was baie stil. Ek kon vir baie ja­re net lip­pe­taal lees, iets wat ek baie goed be­mees­ter het,” ver­tel hy. “Ty­dens ’n be­soek aan ’n ar­beids­te­ra­peut vir my rug­pro­bleem, het sy my ge­hoor­ver­lies waar­ge­neem en my na Gill Kerr ver­wys.” ’n Suk­ses­vol­le ko­g­le­ê­re in­plan­ting deur prof. Loock en sy span is op 28 Mei by Ty­ger­berg-hos­pi­taal ge­doen en op 25 Ju­nie was hy baie bly om na ja­re weer die ge­klin­gel van sleu­tels en ge­raas van pa­pier te hoor. Hier­na was dit ’n lang pad met baie oe­fe­nin­ge. “My waar­ne­ming van klank het baie ver­be­ter en ek kan weer goed hoor en kom­mu­ni­keer. Ek kan op my fiets deur die dorp ry en hoef nie meer so baie rond te kyk nie, want ek kan die mo­tors hoor aan­kom. My ge­hoor raak el­ke dag be­ter. Klaas het op 23 No­vem­ber sy 50ste ver­jaars­dag ge­vier - en om weer te kan hoor is een van die bes­te ge­sken­ke wat hy nog in sy le­we ont­vang het. “Dit voel baie goed om na 31 jaar weer te kan hoor en ek sien uit daar­na om een­dag nor­maal tus­sen baie men­se te kan hoor. Van­dat ek weer kan hoor, ver­staan ek men­se ook nou baie be­ter.”

Klaas Jan­sen se breë glim­lag spreek boek­de­le.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.