Lon­te word kort­ge­knip vir die Nu­we­jaars­vie­rin­ge

Suid-Kaap FORUM - - News -

HESSEQUA Mees­te men­se se lont vir vuur­wer­ke af­vuur word van­jaar kort­ge­knip na­dat Hessequa-mu­ni­si­pa­li­teit streng re­ëls vas­ge­stel het. Vuur­wer­ke ver­oor­saak her­haal­de­lik pro­ble­me, ver­al in stre­ke waar dit baie droog is. In dié streek is dit nie net dier nie, maar ook mens wat ne­ga­tief deur vuur­wer­ke ge­raak word. P­le­sier het ver­le­de jaar op S­til­baai ge­du­ren­de die fees­sei­soen vin­nig in ’n nood­ge­val ver­an­der na­dat iets wat soos ’n nood­fak­kel ge­lyk het, in ’n veld na­by Hoof­weg-Wes be­land en ’n brand ver­oor­saak het. Van­jaar sal af­vuur van vuur­wer­ke slegs by goed­ge­keur­de ge­bie­de in Hessequa toe­ge­laat word. Geen per­soon mag e­ni­ge vuur­wer­ke bui­te dié ge­bie­de af­vuur nie. C­hi­ne­se-lan­terns word in ter­me van toe­pas­li­ke brand­weer wet­ge­wing to­taal reg­oor die streek ver­bied. Mu­ni­si­pa­le be­stuur­der, Jo­han Ja­cobs het ge­sê: “Per­so­ne wat vuur­wer­ke op ’n nie­goed­ge­keur­de ge­bied af­vuur, sal met R1 000 be­boet word.” Vuur­wer­ke word nie by Gou­rits­mond, Jon­gens­fon­tein, Wit­sand en al­le blou­vlagstrand ge­bie­de toe­ge­laat nie. In goed­ge­keur­de ge­bie­de mag dit slegs ty­dens Ou­jaars­aand, 31 De­sem­ber en Nu­we­jaar 1 Ja­nu­a­rie van­af 23:00 tot 01:00 af­ge­skiet word. Hessequa vuur­werk­ge­bie­de • Ri­vers­dal: Ri­vers­dal-rug­by­veld en Ri­ver­vil­le-sta­di­on • Melk­hout­fon­tein: S­peel­park in E­ri­ca­ry­laan • Al­ber­ti­nia: Die Brak • Hei­del­berg: Hei­del­berg-rug­by­veld • Slang­ri­vier: S­port­ter­rein • S­til­baai: Ha­we van­af die wit hek­ke in ’n oos­te­li­ke rig­ting, in­ge­sluit die sand­strand ge­bied. Lap­pies­baai (swem­strand uit­ge­sluit) slegs heel regs van die re­stau­rant tot by die ri­vier­mond. Die Hessequa 24 uur nood­nom­mer is 028 713 2222 en kan ge­ska­kel word om die mis­dryf van vuur­wer­ke, vloe­de, bran­de of on­ge­luk­ke aan te meld.

Fo­to: Wil­ma A­damson

Maak se­ker vuur­wer­ke word slegs in goed­ge­keur­de ge­bie­de af­ge­vuur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.