Harm­se-saak rol oor na 2019

Suid-Kaap FORUM - - Voorblad -

RIVERSDAL Jan van Rens­burg het weer op 6 De­sem­ber vir ’n voor­ver­hoor in die plaas­li­ke land­dros­hof ver­skyn. Van Rens­burg word aan­ge­kla van straf­ba­re man­slag op Chris Harm­se na ’n woor­de­wis­se­ling op die plaas Pe­per­duur­fon­tein in die Kruis­ri­vie­rom­ge­wing, Riversdal in Fe­bru­a­rie 2016. Harm­se het ’n dag la­ter in die Li­fe Bay Vie­w­hos­pi­taal op Mos­sel­baai na ’n o­pe­ra­sie aan sy en­kel be­swyk. Die staat is voor­ne­mens om me­die­se ge­tui­e­nis by mon­de van spe­si­a­lis­te aan te bied. Die staat en ver­de­di­ging is dit eens dat dit in be­lang van ge­reg­tig­heid is om as­ses­so­re aan te stel om die hof by te staan in die oor­we­ging en be­oor­de­ling van me­die­se ge­tui­e­nis. Die saak is tot 1 Maart 2019 uit­ge­stel ten ein­de die de­par­te­ment van jus­ti­sie ge­noeg tyd te gee om ge­skik­te as­ses­so­re aan te wys. ’n Ver­hoor­da­tum sal be­paal word in oor­leg met as­ses­so­re.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.