Fees­tyd word steel­tyd

Suid-Kaap FORUM - - News -

HESSEQUA Vol­gens die po­li­sie neem mis­daad ty­dens fees­tyd in al­le stre­ke toe. Dit is el­ke be­soe­ker en in­wo­ner se ver­ant­woor­de­lik­heid om die po­li­sie te help om mis­daad eer­stens te ver­hoed en te be­kamp. On­ge­luk­ke op die N2 be­gin toe­neem en be­stuur­ders moet ver­al ver­by dor­pe sta­di­ger en ver­sig­tig ry. Lt.kol. De­li­cia I­saacs het ge­sê: “Ons doen weer­eens ’n be­roep op die gemeenskap om die po­li­sie se oë en ore te wees. Wees ver­al nou, ek­stra waak­saam.” Kol. Ve­nia Da­ries, me­di­a­woord­voer­der van die plaas­li­ke po­li­sie het ge­sê: “Die gemeenskap moet vei­lig­heids­maat­re­ëls as be­lang­rik be­skou en dit ver­al die fees­sei­soen toe­pas om mis­daad te voor­kom. Val­se sa­ke wat vir ver­se­ke­ring doel­ein­des ge­maak word, sal ver­volg word. Ons vra die gemeenskap om ver­al na­mid­dag ver­sig­tig in Ju­ris­ch Park en by die ou trein­sta­sie te wees, dit is een van ons ge­vaar­so­nes. U sa­me­wer­king sal baie waar­deer word om mis­daad te be­kamp. Hoop u ge­niet die va­kan­sie, fees­sei­soen en vei­lig wees.”

Pas dié maat­re­ëls toe

• Moe­nie in­ko­pies bui­te jou mo­tor los ter­wyl jy dit uit­laai en in die huis in­dra nie. On­langs is daar ’n groe­pie ge­waar wat ver­by stap, die pak­kies gryp en daar­mee weg­hard­loop. • Die af­ge­lo­pe tyd word bat­te­rye, ‘star­ters’ en ban­de ge­steel. • Sluit voer­tuie, deu­re en ven­sters. • Maak mo­tor­huis­deu­re en hek­ke toe, hou dit ge­sluit. • Wees waak­saam wan­neer jy tran­sak­sies by ’n OTM doen. Een van die die­we trek jou aan­dag af en die an­der steel jou kaart. • Waar­de­vol­le i­tems moe­nie rond­lê nie. • Kin­ders moet fiet­se vas­sluit of bê­re en glad nie op die gras­perk laat lê nie. • Meld jou wo­ning by die po­li­sie aan wan­neer jy met va­kan­sie gaan. • Met e­ni­ge mis­daad bv. dief­stal uit mo­tor­voer­tuie en huis­bra­ke moet vin­ger­af­druk­ke ge­neem word. • Moe­nie met oor­fo­ne in jou ore stap of be­stuur nie. Dit maak jou ’n tei­ken vir dief­stal. Jy kan nie hoor wan­neer ie­mand jou ag­ter­volg of wan­neer ’n mo­tor op jou af­ry nie en be­stuur­ders kan nie hoor wat om hul­le aan­gaan nie. • Kyk uit vir en wees ver­sig­tig vir per­so­ne met ‘hoodies’/sweet­pak­baad­jies met ’n kap­pie in don­ker hoe­ke en vir kwaad­geld rond­hang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.