Blou­vlag word op Wit­sand ge­hys

Suid-Kaap FORUM - - News - A­lex Mars­hall kor­re­spon­dent

WIT­SAND Dié ge­wil­de kus­dorp na­by Hei­del­berg is nou, saam met Lap­pies­baai, P­reek­stoel en Gou­rits­mond die vier­de strand in die Hessequa-streek met blou­vlag­sta­tus en is die vlag amp­te­lik vir die eer­ste keer Don­der­dag 6 De­sem­ber ge­hys. An­dré Han­sen, hoof van die par­ke­af­de­ling van Hessequa-mu­ni­si­pa­li­teit het die se­re­mo­nie ge­lei en het ver­dui­de­lik dat daar ’n reeks ver­plig­tin­ge saam met dié sta­tus kom. Va­n­af die 2018-so­mer­sei­soen sal die blou vlag el­ke og­gend deur die le­wens­red­ders by die strand ge­hys word.

Wat be­te­ken dit?

• Die strand­ge­bied self, as­ook die was- en stort­ge­rie­we is deu­ren­tyd net­jies en skoon; • Die strand is vei­lig om te be­soek vir ont­span­ning en swem; • Op­ge­lei­de le­wens­red­ders is el­ke dag aan diens; • Die mu­ni­si­pa­li­teit, na­tuur­be­wus­tes en om­ge­wings­be­wa­rings-en­toe­si­as­te werk baie nou saam om die ge­bied se na­tuur­skoon be­houe te laat bly. Ca­vil­le A­bra­hams, le­wens­red­der­ko­ör­di­neer­der en -op­lei­er vir die streek va­n­af Wit­sand tot Mos­sel­baai het die ver­se­ke­ring ge­gee dat die op­lei­ding van hoë ge­hal­te is. Op ’n vraag aan Jay­din Sep­tem­ber, Wit­sand­le­wens­red­der oor hoe­veel men­se hy al uit die see ge­red het, het hy ge­ant­woord dat die pres­ta­sie daar­in lê dat nie­mand eint­lik on­der toe­sig van le­wens­red­ders in die moei­lik­heid moet be­land nie. “As jy nie­mand vir die dag moes ge­red het nie, het jy goeie werk ge­doen!” Vir die dorp self be­te­ken dit dat toe­ris­te en va­kan­sie­gan­gers met ge­rus­te hart hier­heen kan kom. Te­sa­me met die voor­uit­sig dat die dorp van hier­die sei­soen af deu­ren­tyd vars wa­ter uit die kra­ne be­skik­baar sal hê wan­neer die ont­sou­tings­aan­leg in wer­king kom, maak nou van Wit­sand ’n uit­soek­va­kan­sie­plek. Die ver­wag­te toe­stro­ming van be­soe­kers en oor­se­se toe­ris­te is na­tuur­lik goeie nuus vir na­bu­ri­ge dor­pe se be­sig­heids- en be­siens­waar­dig­he­de.

Fo­to: A­lex Mars­hall, kor­re­spon­dent

Van links is Jay­din Sep­tem­ber, Jo­han de Lan­ge, Ca­vil­le A­bra­hams, Chris­to­pher Sep­tem­ber, Ai­den Eras­mus, Ha­rold Bas­son, rdl. Grant Ridd­les, An­dré Han­sen, rdl. An­ne­ma­rie Jou­bert en rdl. Si­mon O­den­dal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.