Groot be­derf uit dié vyf­ster-bos

Suid-Kaap FORUM - - News -

San-Ma­rié Cron­jé Gar­den Rou­te Ga­me Lod­ge se ei­e­naars, An­tho­ny en Na­ta­sha Do­her­ty het gas­te op Sa­ter­dag 8 De­sem­ber by die o­pe­ning van hul nu­we ont­wik­ke­ling ver­wel­kom. ALBERTINIA An­tho­ny het ’n lint ge­knip om amp­te­lik die nu­we swem­bad- en ont­span­nings-ruim­te, Ay­a­na Spa en ont­vangs so­wel Sunset Rig­de-ka­mers te o­pen. ’n Ont­span­nings on­der­vin­ding soos min kan by dié lod­ge ge­vind word. El­ke gas se pri­vaat­heid word in ag ge­neem en daar­om is die swem­bad- en ont­span­nigs­ruim­te ook so ont­werp. Hout­dek­ge­deel­tes om ver­skuil­de hoe­kies met ont­span­nings­stoe­le laat jou toe om jou boek in ’n ‘bos­bi­li­o­teek’ in rus en vre­de te lees. Ver­hit­te en kou­e­wa­ter swem­bad­dens met ’n uit­sig oor die wild en veld bied wa­ter­pret na al­mal se smaak. ’n Bui­te­kroeg waar ver­al men­gel­dran­kies ge­wild is, skep die ge­voel van ’n ek­so­tie­se ei­land. Ay­a­na Spa is nou be­skik­baar om al die span­ning uit te poets. Be­han­de­lings word in ruim ka­mers met ’n na­tuur­skoon uit­sig ge­doen. Mas­se­rings, na­els, vel­sorg- en an­der -be­han­de­lings kan jou dag in die na­tuur af­sluit. Die spa het boon­op ’n stoom­ka­mer, sau­na en net­jie­se bad­ka­mers met stort­ge­rie­we. ’n Te­le­vi­sie­pro­gram is nie meer die naas­te wat jy aan vyf­ster kan kom nie. Ge­niet ’n bad of stort on­der die ster­re en ont­span in jou eie pri­vaat plons­swem­bad in die Sunset Rid­ge-ka­mers. Die ka­mers het ’n pri­vaat ont­vangs­ge­bied waar Ay­a­na Spa-gas­te ook ont­vang word. Om te kan ont­snap van al­les word ge­waar­borg wan­neer jy in een van dié woon­een­he­de tuis­gaan en weer met die na­tuur ken­nis maak. Die lod­ge be­skik nie net oor vyf­ster ak­kom­mo­da­sie nie, maar die groot vyf kan ook hier be­sig­tig word. In­dien jy liefs eer­der in jou eie bed wil slaap kan jy die wild ge­du­ren­de ’n be­ge­lei­de dag­rit be­sig­tig. Be­soek hul­le web­tuis­te by www. gr­ga­me­lod­ge.co.za, stuur ’n e-pos na: in­[email protected] gr­ga­me­lod­ge.co.za of ska­kel 027 28 735 1200 vir meer in­lig­ting.

An­tho­ny juig na­dat hy die lint knip ter vie­ring van die o­pe­ning van die nu­we ont­wik­ke­ling.

An­tho­ny en Na­ta­sha Do­her­ty is reeds vir meer as 16 jaar by Gar­den Rou­te Ga­me Lod­ge be­trok­ke. Hier is hul­le saam met hul­le kin­ders Gem­ma en Ro­man. Fo­to’s San-Ma­rié Cron­jé

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.