Man sterf toe bak­kie in sloot be­land

Suid-Kaap FORUM - - News - C­li­ve P­re­to­ri­us, kor­re­spon­dent

HEIDELBERG ’n Be­ken­de in­wo­ner van dié dorp, Da­niel S­chie­te­kat (47) het Sa­ter­dag­aand 15 De­sem­ber, on­ge­veer 23:15 ge­sterf toe sy O­pel Cor­sa-bak­kie die pad ver­laat en kop eer­ste in ’n sloot langs die pad be­land het. Met die po­li­sie se aan­koms op die to­neel was die be­stuur­der glo reeds dood ag­ter die stuur­wiel. Daar word ver­moed dat hy be­heer oor die voer­tuig ver­loor het. S­chie­te­kat het voor­heen vir on­ge­veer 30 jaar by die dorp se NG Kerk ge­werk. Hy het daar­na vir ’n paar jaar by die plaas­li­ke rol­bal­klub ge­werk. Hy laat sy vrou San­nie, ’n dog­ter en twee klein­kin­ders ag­ter. Die be­graf­nis­re­ë­lings was teen druk­tyd nog nie be­kend nie. ’n Ge­reg­te­li­ke on­der­soek word nog ge­doen.

Fo­to: C­li­ve P­re­to­ri­us, kor­re­spon­dent

Hoe­wel die saak nog on­der­soek word, be­staan die ver­moe­de dat die be­stuur­der be­heer oor die bak­kie ver­loor het. INLAS: Wy­le Da­niel S­chie­te­kat. Fo­to ver­skaf

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.