Fees­sei­soen sport oor­sig

Suid-Kaap FORUM - - Voorblad - San-Ma­rié Cron­jé

STILBAAI Die sag­te sand by Gou­kou­ri­vier­mond is weer op 26 De­sem­ber op­ge­skop ty­dens die 41ste Stilbaai Tou­chies. 42 span­ne het ge­re­gis­treer om vir die Stilbaai-ti­tel te veg. Ri­sing Sa­mu­rai War­ri­ors het P­han­ge­la War­ri­ors met 2-0 in die fi­naal ge­wen. Die P­han­ge­la War­ri­ors het die Grand P­rix-span ge­mak­lik met 10 pun­te meer as hul naas­te me­de­din­ger ge­wen. Hul­le het vier uit ses wed­stry­de ge­wen en kon net een fi­naal nie by­bring nie. Die Tar­go Touch-span is op die laas­te dag ver­woes en die Ma­o­ri Kingz neem dus hul plek van­jaar in die Pro-reeks. Die C­hal­len­ger-toer­nooi is deur die Li­ber­ty Webb Re­bels van Strand ge­wen en die oop-af­de­ling is deur die AGW 2 ge­wen. Be­ach Ban­gers wen die ju­ni­or toer­nooi. S­pe­lers, so­wel as toe­skou­ers het ge­reeld ge­du­ren­de die bloe­di­ge warm dag in die ri­vier gaan af­koel. Duik­slae deur die lug om ’n drie te laat tel het dit dui­de­lik ge­maak dat span­ne die spel erns­tig op­ge­neem het. Om­stan­ders wat langs die uit­ge­merk­te ‘vel­de’ toe­ge­staan het, moes ge­reeld koes. ’n Miss Tou­chies 2018 is ge­du­ren­de die loop van die dag ge­hou, maar dit het nie net oor mooi ly­fies en skoon­heid ge­gaan nie. Mei­sies wat deel­ge­neem het moes die ge­hoor pro­beer ver­maak, toe­skou­ers kry om al­mal saam hul han­de in die lug te gooi en moes boon­op vyf op­druk­ke doen. Op die sand was dit nie té mak­lik nie. Po­li­sie­le­de was sig­baar en het die strand ge­pa­trol­leer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.