A+ vir Hat­ties se Ac­ker­mann

Suid-Kaap FORUM - - Matriek-uitslae / Matric Results - C­li­ve P­re­to­ri­us, kor­re­spon­dent

HEIDELBERG An-Ma­ri Ac­ker­mann van Ho­ër­skool Heidelberg slaag met drie vak­on­der­skei­dings en ’n ge­mid­deld van 76,0%. Sy is as die bes­te kan­di­daat aan­ge­wys met on­der­skei­dings in A­fri­kaans huis­taal, En­gels eer­ste ad­di­si­o­ne­le taal en le­wens­we­ten­skap. A­lex­an­dra R­ho­de is die leer­der met die bes­te in­di­vi­du­e­le vak­pres­ta­sie. Sy be­haal 91% in toe­ris­me. Vir die eer­ste keer in ’n lang tyd kon die skool nie ’n 100% slaag­sy­fer hand­haaf nie. S­legs een leer­der van die 25 wat ge­skryf het, het ge­druip en het die skool van­jaar ’n 96% slaag­sy­fer. Ne­gen­tien leer­ders slaag met bac­ca­lau­re­us vry­stel­ling, vier met di­plo­ma vry­stel­ling en die oor­bly­wen­de een het ’n na­si­o­na­le ho­ër ser­ti­fi­kaat ver­werf. -

An-Ma­ri Ac­ker­mann

A­lex­an­dra R­ho­de

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.