Meer as dui­send trek ve­ters vas ty­dens NSRI 10km-pret­loop

Suid-Kaap FORUM - - Sport - San-Ma­rié Cron­jé

STILBAAI Die dorp se NSRI- S­ta­sie 31 het 1 160 deel­ne­mers na hul jaar­lik­se 10 km­wed­loop op Maan­dag 31 De­sem­ber ge­lok. In­skry­wings het steeds vroeg­og­gend in­ge­stroom. Ou­der­dom­me het tus­sen 8 en 60 ge­wis­sel. Men­se van so­ver as Jo­han­nes­burg, P­re­to­ria, Ro­bert­son en S­tel­len­bosch het deel­ge­neem. ’n Goeie gees het langs die he­le roe­te ge­heers, ter­wyl om­stan­ders elk­een wat ver­by­ge­draf óf ge­stap het, aan­ge­moe­dig het. Een van die deel­ne­mers het ge­sê dat die laas­te 4 km vir hom soos 10 km ge­voel het. Baie at­le­te het ge­suk­kel om in die sand vas­trap­plek te kry en het dit hul­le be­hoor­lik uit­ge­put. Die roe­te was ge­deel­te­lik deur die dorp en die laas­te deel deur die dui­ne voor die ha­we. John­ny Young skop stof in al­mal se oë en was som­mer vin­nig die eer­ste man oor die wen­streep. Ko­bus Uys is twee­de en Mark P­ri­ce der­de. Ar­no Cil­liers (14) was die eer­ste ju­ni­or seun en Mo­ni­que Kot­zé die eer­ste ju­ni­or mei­sie. Tom­my Dou­bell en Elan­za T­heron wen die mees­ters af­de­ling. Ur­su­la Turck wen die vroue af­de­ling met An­ne­lie Heyns twee­de en Ma­re­li­ze Cil­liers der­de. Elk­een wat die wed­loop vol­tooi het, het ’n me­dal­je ont­vang. NSRI S­ta­sie 31 be­dank al­mal wat deel­ge­neem het.

Mi­chel­le Fick wys haar hemp wat lees, ‘run now wi­ne la­ter’. Sy is van Jo­han­nes­burg en het die wed­loop baie ge­niet. So bie­tjie rek en strek na ’n har­de 10 km doen mens al­tyd goed. INLAS: Jo­han Coet­see het van Ro­bert­son ge­kom om deel te neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.