’n Kop­skuif vir am­pu­ta­sie

Suid-Kaap FORUM - - Voorblad - De­o­na Au­camp

STILBAAI Hoe goed mens siel­kun­dig voor­be­reid is, laat jou sink of swem wan­neer jy ’n am­pu­ta­sie moet on­der­gaan.

Mi­ke S­teyt­ler van dié kus­dorp het dit on­der­vind toe sy lin­ker­been vroe­ër hier­die jaar on­der die knie af­ge­sit moes word. S­teyt­ler se vrou Lou­i­se be­skryf die ge­voel wan­neer jy die nuus kry dat die o­pe­ra­sie on­ver­my­de­lik is: “Jy voel of jy in dig­te mis in ry. Jy het geen i­dee waar­heen jy op pad is en of jy gaan co­pe nie.” Vol­gens S­teyt­ler is kom­mu­ni­ka­sie met an­der wat al dié pad ge­loop het, een van die be­lang­rik­ste ma­nie­re om mens se kop reg te kry. In Stilbaai is drie men­se wat hom en sy vrou ge­help het om ’n prent­jie van die toe­koms by­me­kaar te sit: Jo­seph van der Lin­de, E­tien­ne S­teyn (on­der­been am­pu­ta­sies) en Top­pie Gray (bo­been am­pu­ta­sie). S­teyt­ler ver­tel die o­pe­ra­sie self was vir hom nie te erg nie. Dis nie ’n lang pro­se­du­re nie en die pyn is iets wat mens ver­wag. Die aan­pas­sings be­gin met die eer­ste pro­beer­slag om met ’n loop­raam oor die weg te kom. Die lig­gaam is heel­te­mal van ba­lans af en skou­er­spie­re wat dalk nie so sterk is nie, moet skie­lik baie har­der as van­te­vo­re werk. Die ri­si­ko vir val is ui­ters hoog. Hy het ’n slag sy ba­lans ver­loor en op die been­stom­pie te lan­de ge­kom, met die ge­volg dat die wond weer van voor af toe­ge­werk moes word. Die S­teyt­lers il­lus­treer die ve­ran­de­rin­ge wat hul le­wens­wy­se moes on­der­gaan aan die hand van k­lein ver­bou­ings wat in hul huis moes plaas­vind. Vir ’n he­le klom­pie maan­de is trap­pe klim bui­te die kwes­sie. Die drum­pel voor ’n stort is so goed soos ’n ge­slui­te hek - trou­ens, el­ke trap­pie by die huis moes in ’n op­rit ver­an­der word. G­ly­be­stan­de ma­te­ri­aal moes op die stort­vloer aan­ge­bring word en ’n hand­stort vir ge­bruik saam met ’n spe­si­a­le stoel wat nie mak­lik gly nie, moes ge­ïn­stal­leer word. Hand­vat­sels is in die stort en by die toi­let aan­ge­bring en die toi­let­sit­plek moes ho­ër ge­maak word. Meu­bels word ook met ’n an­der oog be­kyk. Dis nie meer net vir op­staan uit e­ni­ge stoel of van e­ni­ge bed af nie. Die eer­ste pros­te­se kan nie ge­maak word voor die been­spie­re ge­noeg weg­ge­krimp het dat die stom­pie ’n ke­ël­vorm aan­neem nie. Die pro­ses wat co­ning ge­noem word kan ses tot 12 we­ke neem. S­teyt­ler be­na­druk dat die hulp van ’n goeie fi­si­o­te­ra­peut on­ont­beer­lik is in die pro­ses om met die pros­te­se te leer loop en die reg­te spie­re sterk te kry. Lou­i­se het ’n tyd­lyn wat by die o­pe­ra­sie be­gin, met ver­skil­len­de mik­pun­te in die her­stel­pro­ses teen hul ys­kas op­ge­plak. “El­ke week wat af­ge­merk word, maak vor­de­ring kon­kreet en bring iets nuuts om heen te werk,” sê sy. Op die vraag of hy min­der mens ge­voel het om­dat hy ’n been ver­loor het, ant­woord S­teyt­ler: “Nee, maar dit was net om­dat ek reg oor die ge­beu­re ge­dink het.” Ui­t­ein­de­lik is dit kom­mu­ni­ka­sie met an­der men­se wat ’n groot ver­skil in ’n ge­strem­de se le­we kan maak. Daar ís le­we na am­pu­ta­sie, die vorm waar­in die le­we uit­druk­king kry ver­an­der net so bie­tjie.

Jy het geen i­dee waar­heen jy op pad is en of jy gaan co­pe nie.

RIVERSDAL An­dré du Toit is al by­na 50 van sy 70 le­wens­ja­re aan ’n rol­stoel ge­kluis­ter.

Van­af 3 No­vem­ber tot 3 De­sem­ber val die klem op men­se wat met ge­stremd­heid le­we. Suid-Kaap Forum het met Du Toit ge­sels oor die uit­da­gings van sy fi­sie­ke ge­stremd­heid. Hy het in Kla­wer aan die Wes­kus groot­ge­word en hom aan die Ho­ër Teg­nie­se S­kool Drost­dy op Wor­ces­ter as pas­ser en draai­er be­kwaam. Hy het in 1966 by die des­tyd­se S­poor­weë vir ’n pos in dié am­bag aan­soek ge­doen, maar so ’n pos was nie be­skik­baar nie en toe word hy ’n sto­ker op ’n stoom­trein. Op 10 Ok­to­ber 1971, ter­wyl sy trein by Mount Ed­ge­com­be in die des­tyd­se Na­tal by ’n sui­ker­meu­le ge­staan het, het ’n tra­ge­die dié jong man ge­tref. Wat daar­die dag ge­beur het, weet nie­mand nie. Du Toit se rug was ge­breek, die wer­wels ver­gruis. Hy was drie we­ke lank in ’n ko­ma. “A­dam Bo­tha, die dry­wer, het vroe­ër na die naas­te sta­sie ge­loop om te gaan aan­meld dat iets met die lo­ko­mo­tief se rem­me ver­keerd is. Hy het my la­ter ver­tel dat ek met ’n be­se­ring aan my kop en en­kel voor die lo­ko­mo­tief ge­lê het toe hy te­rug­keer. Hy het ge­dink ek maak ’n grap en dat ek maak of ek slaap. Toe hy my nie kon wak­ker kry nie, het hy die meu­le se dok­ter gaan roep en hul­le het my na die St. Au­gus­ti­ne­hos­pi­taal in Dur­ban ge­neem.” Hy het ’n jaar lank in dié hos­pi­taal deur­ge­bring. “Dit het sta­dig­aan tot my deur­ge­dring dat ek nie my be­ne kan ge­bruik nie.” In 1973 is hy na te­rug na sy ma op Kla­wer. Hy het er­ge bed­se­re ont­wik­kel en is in die Con­ra­die­hos­pi­taal op Pi­ne­lands op­ge­neem. Daar is een van sy be­ne af­ge­sit. “Die dok­ter het ge­sê ek sal nooit weer loop nie.” Vir agt jaar was hy in en uit die hos­pi­taal en die an­der been is la­ter ook af­ge­sit. Ui­t­ein­de­lik het ’n maat­skap­li­ke wer­ker ge­sê die S­poor­weë gaan hom af­be­taal. “Ek het ’n brief vir Ben S­choe­man ge­skryf en hy het ge­sorg dat ek ge-bo­ard word. Hul­le het on­der­neem om my R150 per maand plus R30 hulp­toe­lae te be­taal.” In die Con­ra­die-hos­pi­taal het hy René, ’n ver­pleeg­ster ont­moet en hul­le is bin­ne twee maan­de ge­troud. Hul­le het in Ep­ping in Kaap­stad ’n huis ge­koop. La­ter het hul­le ’n ruk­kie op ’n plaas op Die Vlak­te ge­woon voor hul­le in 2008 Riversdal toe ver­huis het. Dis waar hul­le van­dag nog woon. René het voor­heen by ’n tand­arts op die dorp ge­werk. “Ek kon nooit weer werk kry nie - die werks­plek­ke was des­tyds on­toe­gank­lik vir ’n per­soon in ’n rol­stoel,” ver­tel hy. Tog het hy by­kans drie jaar lank as ’n se­ku­ri­teits­wag by ’n groot on­der­ne­ming op die dorp ge­werk. Toe hy slaap­ap­nee ont­wik­kel, het sy ge­sond­heid so ag­ter­uit­ge­gaan dat hy dit nie meer kon doen nie. “Van­dag is die mees­te van die ge­boue op die dorp toe­gank­lik. Dis net die oud­ste ge­boue en van die nu­we eet­plek­ke waar ek moet wag tot ie­mand my teen die ramp kan op­help.” Du Toit in sy rol­stoel is ’n be­ken­de in die dorp se stra­te. Hy knoop graag ’n ge­sel­sie aan wan­neer hy gaan in­ko­pies doen. Hy is lief vir tuin­maak en het ’n prag­ti­ge groen­teen blom­tuin.

Fo­to: Wil­ma A­damson

Lou­i­se en Mi­ke S­teyt­ler.

An­dré du Toit

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.