Suid-Kaap FORUM

Betaal die wet van Transvaal

-

‘Die veiligste ding om te doen is om met jou eienaar te onderhande­l, want elke kontrak moet op sy eie beoordeel word.’

Vir talle besighede wat nie tydens inperking kon handel dryf nie, is betaling van hul maandeliks­e huur tans 'n nagmerrie.

Baie eienaars maak op hul lopende inkomste staat om dit te dek en min mense het reserwes om op terug te val indien omstandigh­ede soos die Covid-19pandemie alles tot stilstand bring.

Die eienaars van besigheids­persele aan die ander kant sit ook in 'n verknorsin­g as gevolg van inperking. As huurinkoms­te waarop hulle staatgemaa­k het om uitgawes soos belasting en versekerin­g op hul geboue te dek, skielik nie meer betaal word nie, ontstaan 'n kettingrea­ksie van niebetalin­g wat verder en verder uitkring.

Wat staan 'n sakepersoo­n in dié situasie te doen? Die internet is vol sogenaamde kenners wat reken niemand kan tydens inperking gedwing word om huur te betaal vir 'n perseel wat nie gebruik word nie.

Annemarie Oosthuizen, prokureur op Stilbaai sê 'n oplossing wat vir een persoon werk, is nie noodwendig vir iemand anders geldig nie. "Die verpligtin­g om te betaal verdwyn nie sommer in die lug nie. Die veiligste ding om te doen is om met jou eienaar te onderhande­l, want elke kontrak moet op sy eie beoordeel word. Nader 'n regsprakti­syn met jou spesifieke omstandigh­ede indien jy 'n nommerpas mening wil kry, want jy kan nie veralgemee­n nie."

Willie Welman, sakepersee­leienaar van Stilbaai, stem hiermee saam. "Ek kan nie agterstall­ige huur net kwytskeld nie, want daar is lopende koste wat steeds gedek moet word. Ek het 40% korting op huur sedert April aan huurders wat my genader het, toegestaan en die bedrag moet oor 12 maande terugbetaa­l word. Terugbetal­ing is rentevry."

'n Ander eienaar in Stilbaai, Ria du Preez van Amana, reken dis tyd vir sakemense om met hul harte ook te dink. "Ons het nie een van die besighede wat by ons huur, tydens inperking laat betaal nie. Ons het self die verband gedra, want nie een van ons huurders kon 'n sent inkomste die afgelope maande verdien nie. Ek vind dit besonder hartseer as 'n besigheid as gevolg van onbetaalde huur nou gedwing word om te sluit."

 ??  ?? Besighede wat sukkel as gevolg van inperking om hul huurgeld te betaal, moet met die eienaars van die persele vir verligting onderhande­l.
Besighede wat sukkel as gevolg van inperking om hul huurgeld te betaal, moet met die eienaars van die persele vir verligting onderhande­l.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa