Suid-Kaap FORUM

Tiener se liggaam op straat

- Louise Karsten

Die liggaam van ‘n 17-jarige seun, Abongwe Nonjiwa is op Saterdag, 25 Julie in Maqabangas­traat by Aslapark gevind.

Lede van die publiek het die KwaNonqaba­polisie gebel nadat hulle op die lewelose liggaam van die tiener afgekom het.

Die polisie en nooddiensp­ersoneel het Nonjiwa by hul aankoms dood verklaar.

Kommunikas­iebeampte sersant Kappie Kapp sê daar was ‘n steekwond aan sy bors. “Die motief vir die moord is tans onbekend. Ons het reeds met ‘n ondersoek begin en verwag om binnekort ‘n verdagte op ‘n aanklag van moord in hegtenis te neem.”

Ooggetuies word versoek om die ondersoekb­eampte in die saak, ao Geoffrey Moos te kontak (079 894 1599).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa