Suid-Kaap FORUM

Man raaiselagt­ig op plaas vermoor

- Louise Karsten

‘n Vyf-en-veertigjar­ige werknemer van die plaas Rietvlei op Mosselbaai is op 17 Julie dood op die plaas aangetref.

Die KwaNonqaba-polisie ondersoek tans die voorval, maar het ‘n beroep op enige ooggetuies gedoen om met inligting na vore te kom.

Die oorledene, Martin Oosthuizen het op die plaas gewerk en na die volstruise omgesien. Oosthuizen is laas op 16 Julie om 19:30 lewend gesien. Hy het ook op die plaas gewoon.

‘n Mede-werknemer het op 17 Julie om 07:15 op Oosthuizen se liggaam op die plaas afgekom.

Hy het verskeie steekwonde gehad en sy kop is met ‘n skerp voorwerp vergruis.

Die saak word deur ao Geoffrey Moos ondersoek. Alle inligting sal streng vertroulik hanteer word (044 606 5600).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa