Suid-Kaap FORUM

Dit is weer tyd vir Kwêla Dorp van die Jaar

-

VAN BLADSY 1 Hoe werk dit?

Stuur die dorp se naam, Riversdal, Stilbaai, Albertinia of Heidelberg, per SMS na 33157 (SMS’e kos R1,50). Inskrywing­s het reeds Sondag 3 Maart om 19:00 geopen en sluit Vrydag 15 Maart om 12:00. Jy kan soveel dorpe benoem soveel keer as wat jy wil (net een dorpsnaam per SMS, en soveel SMS’e as jy wil in hierdie nominasie ronde).

Uit elke streek sal die drie dorpe met die meeste benoemings deurdring na die halfeindro­nde (op 14 April, 21 April en 28 April). Hier kry die publiek vir ‘n week lank elke ronde ’n geleenthei­d om vir hul gunsteling-dorp uit die drie semi-finaliste uit elke streek te stem. Die ronde laat net 30 SMS’e per nommer toe. Die dorp met die meeste stemme sal die kompetisie­streek as hul finalis-dorp in die eindronde verteenwoo­rdig.

Wie kwalifisee­r?

Enige dorp in Suid-Afrika of Namibië kan benoem word, mits dit:

Minder as 500 000 inwoners het

Nie ’n streekwenn­er in die laaste twee jaar was nie. (2022: Kroonstad, Montagu, Calvinia, Glencoe, Haenertsbu­rg, Keetmansho­op, Cullinan, Graaff-Reinet, Pelgrimsru­s.

2023: Bonnievale, Willowmore, Nieuwoudtv­ille, Parys, Rooiberg, Hartbeespo­ort, Delmas, Walvisbaai, Margate)

Vorige wendorpe mag vir ses jaar na hulle as wenner aangewys is, nie weer deelneem nie (Jeffreysba­ai 2018, Swakopmund 2019,

Kareedouw 2020, Greyton 2021, Kroonstad 2022, Delmas 2023).

Daar sal uit nege streke gekies word:

1. Gauteng en Noordwes saam.

2. Noord-Kaap

3. Oos-Kaap

4. Wes-Kaap

5. Vrystaat

6. Limpopo

7. Mpumalanga

8. KwaZulu-Natal

9. Namibië

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa