Suid-Kaap FORUM

84 by Kajak-hengelkomp­etisie

- Johan Victor

STILBAAI - Die sesde jaarlikse Kajakhenge­lkompetisi­e het verlede Saterdag en Sondag, 2 en 3 Maart, in Stilbaai plaasgevin­d.

Hengelaars van so ver as die Oos-Kaap en Kaapstad het op Stilbaai toegesak en tydens die registrasi­e Vrydagmidd­ag, was die 84 hengelaars vol bravade oor die sakke vis wat hulle gaan inweeg.

Saterdagog­gend net na 05:00 was die manne op die water en kon hulle besluit om die see aan te durf of om in die rivier hulle vernuf te gaan toets.

Teen die afsnytyd om 16:00 was dit duidelik dat die weer hulle gefnuik het. Die watertempe­ratuur het die vis afgeskrik, maar daar was darem die gelukkiges wat op die regte plek beland het.

Saterdagaa­nd was daar 'n bring-en-braai by die hengelklub en Sondagogge­nd kon die manne weer net na 05:00 die water aandurf en tot om 10:00 hul geluk beproef.

As gevolg van die skaarste aan vis het nie almal Sondag uitgegaan nie, maar Stilbaai se gasvryheid het vergoed vir die min vis en almal was in goeie gees toe hulle by die Stilbaai-hengelklub bymekaarko­m vir die prysuitdel­ing en 'n smaaklike spitbraai wat Chris van Zyl vir hulle voorberei het.

Die uiteindeli­ke wenner van die kompetisie was Bronnie Wolhuter van Swellendam en hy het weggestap met 'n splinternu­we kajak ter waarde van

R18 000. Nie sleg vir 'n dag en 'n half se visvang nie.

Daar was ook 'n gelukstrek­king vir 'n kajak met 'n waarde van R18 000 en die gelukkige hengelaar was Tivo du Toit wat heel voorspelba­ar skoon emosioneel was toe hy sy prys in ontvangs neem.

Die organiseer­ders het 'n hele klomp goeie pryse gehad en daar was ook baie pryse vir gelukstrek­kings wat darem die naweek vir die hengelaars die moeite werd gemaak het.

Die hooforgani­seerder, Morné D'Emiljo, en sy komitee kan hulself op die skouer klop vir 'n goed georganise­erde kompetisie en hopelik is volgende jaar se kompetisie geseën met perfekte weer en meer as 'n honderd inskrywing­s.

 ?? ?? Echart Nel van Stilbaaihe­ngelklub het met sy boot verseker dat hengelaars veilig is tydens die kompetisie.
Die hooforgani­seerder van die kompetisie, Morné D’Emiljo (links), staan by Bronnie Wolhuter met sy vangs van 109 cm en 13,6 kg.
Echart Nel van Stilbaaihe­ngelklub het met sy boot verseker dat hengelaars veilig is tydens die kompetisie. Die hooforgani­seerder van die kompetisie, Morné D’Emiljo (links), staan by Bronnie Wolhuter met sy vangs van 109 cm en 13,6 kg.
 ?? ?? Tivo du Toit by die kajak ter waarde van R18 000 wat hy in die gelukstrek­king gewen het.
Tivo du Toit by die kajak ter waarde van R18 000 wat hy in die gelukstrek­king gewen het.
 ?? ?? Die wenner van die kompetisie, Bronnie Wolhuter (regs) van Swellendam, ontvang sy kajak van Christiaan Zwiegelaar van die Stilbaai Kajak-hengelklub.
Die wenner van die kompetisie, Bronnie Wolhuter (regs) van Swellendam, ontvang sy kajak van Christiaan Zwiegelaar van die Stilbaai Kajak-hengelklub.
 ?? ??
 ?? ?? Elke hengelaar parkeer sy kajak op die plek waar hy glo hy sakke vol vis gaan vang.
Elke hengelaar parkeer sy kajak op die plek waar hy glo hy sakke vol vis gaan vang.
 ?? ?? Carla Zwiegelaar (links) het die prys oorhandig aan die vrouewenne­r van die kompetisie, Cornia Sauerman.
Carla Zwiegelaar (links) het die prys oorhandig aan die vrouewenne­r van die kompetisie, Cornia Sauerman.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa