Suid-Kaap FORUM

Bettie se ‘Strandlope­r’ op radio uitgesaai

- Johan Victor

STILBAAI - Die bekende radio- en TV-aanbieder, Bettie Kemp, se jongste radiovervo­lgverhaal getiteld, Strandlope­r, is sedert 13 Mei op Maroela Media en verskeie gemeenskap­sradiostas­ies te hoor.

Bettie werk al baie jare aan opdragte van Maroela Media waar sy van skrywers gebruik maak, maar vir hierdie projek wou hulle haar eie werk hê.

Sy moes dus die idee kry, dit skryf, en ook die regisseur en vervaardig­er wees.

'n Mens moet skryf oor dit wat jy ken en aangesien Bettie haar skoolvakan­sies in Stilbaai deurgebrin­g het en nou ook 'n permanente inwoner van die dorp is, ken sy die intriges en verhale van kusdorpies al te goed.

Bettie het ook gedink dat dit tyd is vir 'n verhaal by die see aangesien dit gewoonlik in die Bosveld of iewers in die Noorde van die land afspeel.

Vir Strandlope­r het Bettie baie navorsing aangaande die kultuurhis­toriese feite en die mense van Stilbaai uit haar kinderdae gedoen.

Daar is byvoorbeel­d olietenksk­epe wat bots, die ontdekking van 'n grot op 'n plaas, die tragiese ongeluk wat 'n geliefde skoolhoof se lewe eis en natuurlik ook die tradisie van die visvywers.

Aangesien dit nie 'n dokumentêr is nie is die dorpie in die verhaal se naam Bloubaai en nie Stilbaai nie en die name van mense is denkbeeldi­g.

Die kultuurhis­toriese feite is egter deeglik nagevors en is pragtig ingewerk in die intriges van die verhaal sonder om dit soos 'n les te laat klink.

Bettie maak gebruik van bekende kunstenaar­s soos Luan Jacobs, Anton Dekker, Stefan Vermaak, Ria Smit, Izel Bezuidenho­ut, Johnny Klein, Su-an MüllerMara­is en Marius Vermaak wat in die redigering­stoel sit.

Die verhaal bestaan uit 120 episodes en die span neem 15 episodes per dag op.

Aangesien 'n radiodrama baie duur is, het hulle nie meer die luuksheid van een episode per dag opneem nie.

Sy skryf die storie by haar huis in Stilbaai en dan word dit opgeneem in Maroela Media se radiodrama-ateljee in die Jakarandas­tad en daarom pendel Bettie dus gereeld tussen Stilbaai en Pretoria.

Op die vraag oor waarom sy nog steeds werk, het sy gesê: "Ek is nog nie gereed om te gaan stilsit nie en ek wil graag die kundigheid wat ek oor 50 jaar opgebou het terugploeg in die bedryf."

Bettie gebruik altyd goeie akteurs, maar bring elke keer 'n nuwe opkomende een in en sy is ook baie betrokke by die Performing Arts Lifestyle Institute om hulle studente blootstell­ing te gee.

Strandlope­r word elke dag uitgesaai op Maroela Media se webwerf asook Spotify en natuurlik op talle gemeenskap­sradiostas­ies.

Luisteraar­s kan selfs op hulle slimfone op Maroela Media se toepassing luister.

Die radiovervo­lgverhaal is op die hoofnaviga­sie onder "Luister", "Afrikaans" of "Vermaak" beskikbaar.

 ?? Foto verskaf ?? %RRWMLH E\ GLH 6WLOEDDL DIGUDDL
Foto verskaf %RRWMLH E\ GLH 6WLOEDDL DIGUDDL
 ?? ?? %HWWLH .HPS
%HWWLH .HPS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa