Suid-Kaap FORUM

Bulle gaffel die Kwaggas

- Hugo Redelinghu­ys

RIVERSDAL - Die Bulle van Oakdale het Saterdag 18 Mei op hul tuisveld die Kwaggas van Hoërskool Outeniqua in George behoorlik gegaffel deur 15 van die 20 rugbywedst­ryde te wen.

In die kragmeting tussen die o. 19A-spanne het die Bulle tien drieë ingeryg om die besoekers met 60 - 8 te klop. Rustyd het hulle reeds met 26 - 3 voorgeloop.

Die Bulle het die besoekers in feitlik alle fasette oordonder en ook daarin geslaag om die Kwaggas met rotsvaste verdedigin­g van hul doellyn af weg te hou. Hulle kon darem 'n drie laat in die tweede helfte druk.

Vir die wenspan het Lee-Win Pretorius drie drieë gedruk en Duraan Janse van Rensburg en Waylon Kortjé elk twee. Erick Steyn, Lohan Gerber en Laim Lightley het ook elkeen 'n drie gedruk.

Kurt Coetzee het met vyf doelskoppe tien punte tot die totaal bygedra.

Vir Oakdale is die ander groot wentelling­s aangeteken deur die o. 14E's (50 - 33), die o. 16A's (52 - 0), die o. 19B's (43 - 26), die o.1 9D's (61 - 7), o. 19E's

(48 - 5), o. 19F's (52 - 3) en die o. 14D's (56 - 0).

Nou wag een van skolerugby se grotes op die Bulle wanneer hulle Paarl Gimnasium eerskomend­e Saterdag in Riversdal aandurf. Die o.1 9A's pak mekaar om 13:15 en berei jou maar voor vir meer as 'n bulstryd.

Paarl Gim is vanjaar skitterend op dreef en het nog net teen Grey Kollege (Bloemfonte­in) met 27 - 29 verloor.

Vergeet van die pak slae wat die Kwaggas hier gekry het. Die Paarliete is 'n ander span met geen swakplekke in hul mondering nie.

Dit sal 'n totale spanpoging van die Bulle verg om hulle hok te slaan.

 ?? ?? Gustav van der Merwe, bulstut van Oakdale, storm voort met die bal nadat hy ‘n Kwagga verdediger platgeloop het.
Gustav van der Merwe, bulstut van Oakdale, storm voort met die bal nadat hy ‘n Kwagga verdediger platgeloop het.
 ?? ?? Christiaan Vorster, sterk senter van Oakdale, maak gereed om sy verdediger af te stamp. Dié beweging het gelei tot Duraan Janse van Rensburg se drie.
Lohan Gerber duik in die hoekie oor vir sy drie teen die Kwaggas.
Christiaan Vorster, sterk senter van Oakdale, maak gereed om sy verdediger af te stamp. Dié beweging het gelei tot Duraan Janse van Rensburg se drie. Lohan Gerber duik in die hoekie oor vir sy drie teen die Kwaggas.
 ?? ?? Lohan Gerber op pad na sy drie.
Lohan Gerber op pad na sy drie.
 ?? ?? Lee Winn Pretorius sweef deur die lug op pad na sy derde drie.
Lee Winn Pretorius sweef deur die lug op pad na sy derde drie.
 ?? ?? Kurt Coetzee, kaptein en senter van die Bulle, stuit ‘n Kwagga in sy spore met dié duikslag. Christiaan Vorster (met skrumpet) hou sake dop terwyl Zack Wessels (flank) vir Kurt ondersteun.
Kurt Coetzee, kaptein en senter van die Bulle, stuit ‘n Kwagga in sy spore met dié duikslag. Christiaan Vorster (met skrumpet) hou sake dop terwyl Zack Wessels (flank) vir Kurt ondersteun.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa