Tuis Badkamers

“Presies wat ons wou hê”

Dis die tweede opknap vir dié en suite sedert die eienaars hier ingetrek het. En nou het hulle vyfstergem­ak!

- Deur Annelize Steyn • Foto’s Francois Oberholste­r Stilering Marian van Wyk

IIn ’n badkamer met ’n uitsig op Leeukop en Vlaeberg ontaard seep smeer in terapie. Vra maar vir Sarah Curtis-Bowles en haar man, John Bowles, van Oranjezich­t, Kaapstad – want hul badkamer is nou louter lafenis. Vir dié paartjie is huis mooimaak allermins ’n onbekende konsep. Nadat hulle in 2009 hul romantiese Victoriaan­se huis uit die vroeë 1900’s gekoop het, het hulle vir hul slaapkamer ’n en suite-badkamer geskep. En die volgende paar jaar was die ruimte nommerpas. Maar toe hulle in 2014 hul hoofslaapk­amer vergroot, het dit ’n nuwe badkamer-uitleg genoodsaak. Dit kon hulle uiteindeli­k verlede Januarie doen.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa