Tuis Badkamers

Moeiteloos sjiek

- Deur Annelize Steyn • Foto’s Elza Cooper Stilering Amanda van Wyngaardt

’n Opwindende kleurskema en uitgesoekt­e afwerking maak van dié vertrek iets besonders. Gesels ’n mens met Nico en Lizelle Janse van Rensburg, kry jy die idee dat styl-keuses vir hulle maklik kom. Tog, meen hulle, speel strategie ook ’n onontbeerl­ike rol.

In Junie 2018 het Tuis dié paartjie se huis gewys – ’n donkergrys eklektiese dubbelverd­ieping-juweel wat uit ’n nederige stoorruimt­e verrys het om vandag ’n atmosferie­se Melville-kuiertuist­e te bied aan Nico, Lizelle en hul drie aangenome honde Amy, Diesel en Jet.

Onlangs het hul vingers weer gejeuk. Die plan was om ’n nuwe braaiplek op die stoep in te bou en lastighede in die huis te herstel. “Een van die probleempi­es was ’n los badkamerkr­aan in ons en suite-badkamer wat herstel moes word,” onthou Lizelle.

Maar dit gebeur selde dat die omvang van ’n opknapproj­ek bly soos in die beplanning­sfase besluit is, en menige opknapper sal met Nico kan identifise­er wanneer hy sê: “Sake het ’n bietjie handuit geruk ...”

Die enigste item op die inkopielys sou silikoon en ’n nuwe stortdeur wees. “Maar toe is daar sulke mooi produkte in die winkels dat ons onsself nie kon keer om die hele badkamer maar van bo tot onder beet te pak nie!” vertel Lizelle.

In ’n oogwink is die projek, net soos ’n heliumball­on, opgeblaas en die ruimte ingestuur! Dit het begin by die Dokter and Misses-kassie wat hulle in vriende se huis gesien het. Die vorm, en die groen kleur wat hulle so graag wou gebruik, het as wegspringp­lek gedien vir dié kosmetiese oormaakses­sie.

 ??  ?? Voor WIE WOON HIER? Nico en Lizelle Janse van RensburgWA­AR Melville, Johannesbu­rgGROOTTE 8 m²
Voor WIE WOON HIER? Nico en Lizelle Janse van RensburgWA­AR Melville, Johannesbu­rgGROOTTE 8 m²
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa