Tuis Badkamers

Net ’n tikkie kleur

-

#2

Agter die Victoriaan­se fasade van dié gesinshuis in die gewilde Kaapse buurt Observator­y skuil ’n moderne, industriël­e ruimte waar treffende kleure die botoon voer. Vir die badkamer het die gesin besluit op liggrys mure en wit vloerlyste, met vrolike vloerteëls in die Marokkaans­e styl om die voorkoms in die res van die huis te komplement­eer.

Dié ruim badkamer het sy oorspronkl­ike uitleg, kandelaber en bad behou, terwyl die groot staalraamv­enster nuut is. ’n Latteskerm bied privaathei­d en is boonop ’n slim oplossing as jy ’n onooglike muur buite wil verbloem.

Staalraamv­enster van Alfe Glass & Aluminium

 ??  ?? ’n Nis in die muur bied pakplek – ’n gewilde opsie wat keer dat die bad se rand vol losgoed staan en onnet lyk.
’n Nis in die muur bied pakplek – ’n gewilde opsie wat keer dat die bad se rand vol losgoed staan en onnet lyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa