KENNERSRAAD
Aluminiumhortjies is perfek vir badkamers, sê Kevin Bonner van Trellidor.
Met hul skoon lyne skep dié hortjies ’n ligte, oop gevoel, veral in ’n neutrale kleur soos wit. Boonop kan jy jou privaatheid, asook hoeveel lig en lug die vertrek binnekom, beheer deur die hortjies te kantel.
“Voordat ons veiligheidsluike ’n poeierbedekking in die kleur van jou keuse kry, word dit behandel om beter bestand te wees teen korrosie en UV-strale. Dit is dus geskik vir toestande aan die kus, in die binneland én in klam badkamers,” sê Kevin.
“Onthou net dat nie alle aluminium hortjies jou veiligheid waarborg nie. Party is net dekoratief en bied geen weerstand teen inbrake nie. Trellidor se hortjieluike spog met veiligheid s kenmerke wat dit ook’ n ekstra veiligheid s versperring maak. Toetse het bewys dat hulle net soveel weerstand bied as ons uitnemende veiligheidshekke.”
KONTAK trellidor.co.za