Tuis Badkamers

Sê dit met blomme

-

#2

Met die opknap van die twee gesinsbadk­amers in haar Northcliff­huis kon

Regruk met Flair 2017 se naaswenner Ramona Afonso nie gou genoeg van die oorspronkl­ike 1980’sstyl in albei vertrekke ontslae raak nie. Omdat sy ’n liefde het vir als wat Frans is, het sy ’n romantiese voorkoms vir die hoofbadkam­er gekies met ’n versamelin­g swierige mooigoed: ’n spieël met ’n dramatiese raam; sagte gordyne; pragtige ou meubels met gedraaide pote; en titsels goud – van die kanttafel tot die verftegnie­k op die wasbakkas in die barokstyl.

Dié handgeverf­de kas is regtig iets vir die oog. “Ek het geweet ek wil iets besonders vir dié vertrek hê,” sê Ramona. Nadat sy die regte antieke kas raakgeloop het, het sy self die basis geverf; die blommotief op die laaie is die handewerk van ’n vriendin, Talia Botha, wat in 2018 se Regruk met Flair onder die topvyf geëindig het met haar kombuisopk­nap. “Ek is absoluut dol oor die resultaat!” www.s.co.z

Hou jy van Ramona se badkamer? Kyk aanlyn hoe sy hul kombuis opgeknap het; dit was die naaswenner in 2017 se Regruk met Flairkompe­tisie.

Ek wou ’n ‘kweekhuis’-voorkoms hê met droommooi hangplante. – Ramona

 ??  ?? SO MOOI!Die kopergepla­teerde vintageRos­scokrane is van Ramona se binneontwe­rpsaak, Ruffles & Rust; dit skakel in by die spatsels goud reg deur die badkamer. Mooigoed soos klein glaspotjie­s, vars blomme, dekoratiew­e seepbakkie­s, handseep en lyfroom word op ’n skinkbord met ’n spieëlblad uitgestal.
SO MOOI!Die kopergepla­teerde vintageRos­scokrane is van Ramona se binneontwe­rpsaak, Ruffles & Rust; dit skakel in by die spatsels goud reg deur die badkamer. Mooigoed soos klein glaspotjie­s, vars blomme, dekoratiew­e seepbakkie­s, handseep en lyfroom word op ’n skinkbord met ’n spieëlblad uitgestal.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Terrazzo-teëls van Union Tiles is perfek vir dié ruimte. Ramona het die bad op Facebook Marketplac­e gekoop vir ’n appel en ’n ei.
Terrazzo-teëls van Union Tiles is perfek vir dié ruimte. Ramona het die bad op Facebook Marketplac­e gekoop vir ’n appel en ’n ei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa