Tuis Badkamers

KENNERSRAA­D

-

Wanneer jy ’n ou meubelstuk soek om as wasbakkas in te span, kyk uit vir iets met argitekton­iese detail soos kerfwerk of gekurfde rande, want dis ideaal vir ’n verftegnie­k, sê Talia Botha van My Shabby Shack.

“As jy ook, soos Ramona, van die Franse styl hou, oorweeg skakerings van groen, pienk en wit wanneer jy jou verf kies,” sê sy. “Indien jy wil hê die kas moet lyk asof jy dit in ’n ou Franse chateau ontdek het, probeer Annie Sloan-verf in Old White, French Linen of Chateau Grey. Wat die ontwerp betref, is enigiets met rose of ander blomme perfek vir ’n romantiese voorkoms. Kyk na tapisserie­ë of ou skilderye van blomme vir inspirasie.

“Ek gebruik kleure altyd laag op laag, met die donkerste kleur onder, en wend akrielverf oor die krytverf aan; daarna verseël ek die lot met was. Vir badkamers verkies ek twee lae was om te keer dat klammighei­d die verf affekteer.”

Ramona se kas het ’n nuwe marmerblad gekry. As joune ’n houtblad het, kan jy dit met krytverf verf, maar dit kan afdop – nie noodwendig ’n probleem as jy van die verweerde voorkoms hou nie. Andersins kan jy die skoon hout verseël met ’n produk soos Woodoc 25 of Woodoc Water-Borne Floor Sealer; dis wel ’n vloerverse­ëlaar, maar jy kan dit met sukses op ’n wasbakkas se blad gebruik.

KONTAK myshabbysh­ack.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa