Daar’s water!
#3
Ramona se man, Nuno, gebruik hoofsaaklik die stortvertrek, soos Ramona die gesinsbadkamer noem; daarom het sy besluit op ’n meer moderne gevoel met ’n bietjie vintage-styl in die afwerkings. Danksy ’n neutrale palet, sementvoorkoms-teëls op een van die stortmure (Onyx van Italtile) en modieuse seshoekige teëls (van Tile Africa) op die ander, het dié ruimte ’n ietwat manliker karakter. >>