Tuis Badkamers

KENNERSRAA­D

-

Navorsing is belangrik wanneer jy ’n stortruimt­e beplan, sê die interieura­rgitek Trisch Barnard van Project Works.

“Wanneer dit kom by beplanning, vergeet huiseienaa­rs dikwels van ergonomika, soos die ideale hoogte vir krane en stortkoppe,” verduideli­k sy. “Ideaal gesproke moet krane tussen 1 000 mm en 1 200 mm hoog wees. Stortkoppe moet minstens 2 000 mm hoog wees sodat jy nie jou kop daarteen kap nie, veral wanneer jy hare was.” Trisch gee die volgende wenke:

1 Indien jy genoeg ruimte het, benut dit. Hoe groter jou stort, hoe gemakliker.

2 By ’n klein stort kan ’n oopswaaide­ur lastig wees; kies eerder ’n skuifdeur, of nog beter, geen deur. As jy bekommerd is oor water op die vloer, rig jou badkamer in as ’n spatkamer (“wet room”). Jou vloer moet ’n effense helling en verkieslik ’n lang, reghoekige dreinering­spunt hê wat sal help dat oortollige water maklik wegvloei.

3 Moenie net die eerste die beste deur koop nie. Kyk na faktore soos die breedte van die opening en na watter kant die deur oopswaai.

4 Rakke in die stort kan in die pad wees en jou beseer.

’n Nis in die muur is die ideale oplossing vir stortprodu­kte en dit het nie hoeke wat uitsteek nie.

5 Kies jou stortkoppe en krane versigtig: Jy kan iets bekostigba­ars kry sonder dat dit noodwendig goedkoop lyk. As jou begroting dit toelaat, belê in toebehore van goeie gehalte wat ’n leeftyd sal hou.

6 Indien moontlik, moenie die krane direk onder die stortkop installeer nie. Só kan jy die krane oopdraai en die perfekte temperatuu­r kry sonder dat jy direk onder die water staan.

KONTAK projectwor­ks.co.za

 ??  ?? Die seshoekige teëls word op die vloer herhaal vir eenvormigh­eid en Rosscokran­e versterk die ouwêreldse atmosfeer.
Die seshoekige teëls word op die vloer herhaal vir eenvormigh­eid en Rosscokran­e versterk die ouwêreldse atmosfeer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa