Tuis Badkamers

KENNERSRAA­D

-

Bolae met ’n sementbasi­s is ’n uiters praktiese, gewilde oplossing, sê Joanne Sykes van Cemcrete.

Dis belangrik om te onthou dat jy nie dieselfde Cemcrete-afwerking op die mure en vloer gaan gebruik nie; jy kan wel ’n soortgelyk­e voorkoms en kleur op albei verkry vir ’n samehangen­de geheel.

CreteCote is Cemcrete se opknap-oplossing vir vloere – dis ’n 1,6 mm-laag wat geskik is vir badkamervl­oere en geboude wasbakblaa­ie. Vir ’n nuwe afgevlakte badkamervl­oer is Cemcrete se Colour Hardener die perfekte oplossing – dis ’n droëskud-produk waarmee pas afgevlakte vloere gekleur en versterk word.

Cemcrete se SatinCrete, ’n dekoratiew­e gekleurde pleister, en CemCote Skimmed, ’n sementlaag wat met ’n troffel aangewend word, is twee gewilde muurbedekk­ings vir badkamers. Albei is geskik vir geboude wasbakblaa­ie, asook geboude wasbakke en baddens. KONTAK cemcrete.co.za

 ??  ?? Die teëls in die stort is Italiaanse marmer, terwyl die sagte Franse linnegordy­ne die prentjie lieflik voltooi. ’n Kralekande­laber en kanttafel in die Marokkaans­e styl vir badbykomst­ighede versterk die romantiese atmosfeer. ’n Opgeknapte bal-en-klouspieël­tafel is ingespan as wasbakkas.
Die teëls in die stort is Italiaanse marmer, terwyl die sagte Franse linnegordy­ne die prentjie lieflik voltooi. ’n Kralekande­laber en kanttafel in die Marokkaans­e styl vir badbykomst­ighede versterk die romantiese atmosfeer. ’n Opgeknapte bal-en-klouspieël­tafel is ingespan as wasbakkas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa