Tuis Badkamers

KLEURVOLLE BEKORING

-

#1 Perfek in pers

Dekor wat ’n storie vertel, handgemaak­te skeppings en interessan­te versamelin­gs vier hoogty in Anisa du Plessis se huis in Johannesbu­rg; ook in haar weelderige en suite. “Ek glo nie alles hoef simmetries te wees nie, en het verskillen­de spieëls bo die twee wasbakke gekies. Dis net soveel interessan­ter.”

Anisa het ’n ou buffetkas gekry, nuwe knoppe aangesit en haar vriend Riaan Smit het dit vir haar geverf. “Die eerste wasbakke wat ek gekoop het, was te hoog vir die kas, toe moes ons dit gaan omruil – dié twee is perfek,” sê sy. Die pers mure weerspieël Anisa se liefde vir kleur en bring balans met die liggrys mure in die res van die vertrek.

 ??  ?? Verfkleur Plascon Woodvine Verfkleur Plascon Ageless
Verfkleur Plascon Woodvine Verfkleur Plascon Ageless

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa