Tuis Badkamers

KENNERSRAA­D

-

Ian Moore van Mend A Bath Internatio­nal gee raad as jy ’n ou bad wil opkikker:

“Koop gerus ’n tweedehand­se bad indien jou begroting knap is. As die binnekant nie meer mooi lyk nie, kan jy dit eenvoudig ’n nuwe bolaag gee,” verduideli­k hy. “Ons deklaag is geskik vir enige oppervlak – van gietyster, persstaal, glasvesel, Plexicor-plastiek en keramiek tot porselein, sement en selfs hout! En terwyl die buitekant van ’n bad nie noodwendig ’n spesialis-deklaag nodig het nie, het ons ’n produk wat jy aan die bad se buite- én binnekant kan aanwend. Daar is 48 standaardk­leure; spesiale kleure kan op versoek gemeng word.”

Profession­ele vernuwing van ’n bad se binnekant kos tussen R1 500 en R2 500, maar met hul selfdoenst­el kan jy dit vir die helfte van die prys doen; onthou net, jou oppervlak sal effens anders lyk as die profession­ele spuit-afwerking, aangesien die selfdoenpr­oduk met ’n spesiale roller aangewend word. “Indien jy die buitekant wil verf, moet jy seker maak die oppervlak is skoon en roesvry voor jy ’n bolaag aanwend.”

KONTAK 0860 011 976, mendabath.com

 ??  ?? Die bad lyk sommer spiekeries nadat Mend A Bath Internatio­nal dit onder hande geneem het. “Jy kry tweedehand­se losstaande baddens moeilik in die hande,” sê Anisa. “As jy een raakloop, koop dit!”
Die bad lyk sommer spiekeries nadat Mend A Bath Internatio­nal dit onder hande geneem het. “Jy kry tweedehand­se losstaande baddens moeilik in die hande,” sê Anisa. “As jy een raakloop, koop dit!”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa