Tuis Badkamers

Die volle prentjie

-

#6

Die kunstenaar Sarah Danes-Jarrett van Wynberg in Kaapstad het nog altyd gedroom van ’n pootjiesba­d en toe sy haar Victoriaan­se huis opknap, het sy besluit op ’n klassieke kleurpalet van swart en wit. Omdat die huis net een badkamer het, moes dit werk vir die hele gesin. Sy het Bespoke Bathrooms se hulp ingeroep vir dié projek.

Die plakpapier, ’n reproduksi­e van ’n Thomas Baines-skildery uit 1858 wat die Victoria-waterval uitbeeld, vang beslis die oog! “Ek is mal oor dié prent omdat die waterval ’n spesiale plek in my hart het en ek wou hê water moet die hooftema in die vertrek wees,” verduideli­k Sarah. “Die kleure en styl is nommerpas. Dis die eerste badkamer wat ek regtig my eie kon noem; dis nuut, so dis skittersko­on, alles werk en ek is trots op al die Suid-Afrikaanse vakmanskap wat ek gebruik het.”

 ??  ?? ’n Koper-spieëlraam en -ligte is nommerpas by die minimalist­iese wasbak.Happy D-wasbak van Duravit; Meir-kraan van Flush Bathrooms; ligte van Hoi P’loy; spieël van Block & Chisel Dié besonderse glas-spatpaneel is pasgemaak; die borand lyk baie soos die gekurfde marmerpane­le wat by ou Victoriaan­se wastafeltj­ies te sien is. Victorian Bathrooms het die klein “waterwys” bad bestel in ’n spesiale kleur, Caribbean Current.
’n Koper-spieëlraam en -ligte is nommerpas by die minimalist­iese wasbak.Happy D-wasbak van Duravit; Meir-kraan van Flush Bathrooms; ligte van Hoi P’loy; spieël van Block & Chisel Dié besonderse glas-spatpaneel is pasgemaak; die borand lyk baie soos die gekurfde marmerpane­le wat by ou Victoriaan­se wastafeltj­ies te sien is. Victorian Bathrooms het die klein “waterwys” bad bestel in ’n spesiale kleur, Caribbean Current.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa