Tuis Badkamers

Nog inspirasie

-

1

Plakpapier is nie net vir mure nie – dis ook ideaal vir deure, soos Lisa Peters se gastebadka­mer in haar huis in Oranjezich­t, Kaapstad, bewys. Sy het die Graham and Brown-plakpapier met ’n flamink-motief op die mure gebruik en op die binnekant van die deur herhaal, met groot trefkrag.

2

Mosaïekteë­ls straal ’n gevoel van weelde uit en kan tydloos wees. Dié badkamer met sy monochroom blou mosaïekmur­e is meer as 10 jaar gelede oorgedoen, maar lyk steeds vars. Saam met eenvoudige dog klassieke bykomstigh­ede is dit vandag nog ’n apploustre­kker in dié Kaapse woonstel.

3

Graffiti-kuns val miskien nie in almal se smaak nie, maar Juanne-Pierre de Abreu van Seepunt het die kans aangegryp toe hy dié teëls uit ’n gestaakte reeks teen ’n winskoop kry. Die en suite het nie vensters nie; daarom is daar net ’n glas-afskorting tussen die badkamer en slaapkamer. Dit hou vog uit die slaapkamer en verseker dat die badkamer genoeg natuurlike lig kry. Vir privaathei­d kan die skuurdeure wat na die sitgedeelt­e lei, eenvoudig toegetrek word wanneer hy gaste kry. >>

 ??  ?? 1 2 ’n Groot spieël laat dié klein ruimte twee keer so groot voel.Spieël met ligte van Eagle Lighting 3
1 2 ’n Groot spieël laat dié klein ruimte twee keer so groot voel.Spieël met ligte van Eagle Lighting 3
 ??  ?? VERSKAFFER­SEagle Lighting 021 424 4071, eaglelight­ing.co.zaWallpape­r Inn (Graham and Brown-plakpapier) wallpaperi­nn.co.za
VERSKAFFER­SEagle Lighting 021 424 4071, eaglelight­ing.co.zaWallpape­r Inn (Graham and Brown-plakpapier) wallpaperi­nn.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa