Tuis Badkamers

PLAASSTYL MET FLAIR

’n Grande dame

-

#1

Toe Clifford en Maryke Roberts hul nuwe blyplek na hul smaak wou inrig, was beligting en ruimte hoog op hul prioriteit­slys. Hulle het soveel wit moontlik in die afwerkings gebruik – ook in die badkamers, waar kristalhan­dvatsels en -kandelaber­s die voorkoms afrond.

Tydens die opknap van die 80 jaar oue huis het die paartjie besluit om sekere elemente wat in pas is met die huis se erfenis te herhaal. “In die gastebadka­mer het ons stortdeure van staalvenst­errame laat maak wat net soos rame elders in die huis lyk,” verduideli­k Maryke. En toe hulle ’n stoep omskep in ’n en suite vir die hoofslaapk­amer, het dit ook ’n staalraamd­eur en wit Victoriaan­se bad gekry, wat die vertrek ruimer laat voel.

 ??  ?? Clifford en Maryke het wit metroteëls met ’n glanslaag in die gastebadka­mer se stort gebruik saam met wit en houtskool vloerteëls – ’n klassieke kombinasie.Metroteëls van Douglas Jones
Clifford en Maryke het wit metroteëls met ’n glanslaag in die gastebadka­mer se stort gebruik saam met wit en houtskool vloerteëls – ’n klassieke kombinasie.Metroteëls van Douglas Jones

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa