Tuis Badkamers

KENNERSRAA­D

-

Volgens Nicole Russell van Italtile bly metroteëls gewild.

“Klits die voorkoms gerus ’n bietjie op. Klassieke wit teëls is tydloos, maar daar’s soveel ander moontlikhe­de met verskillen­de kleure, patrone en voegbry-opsies by Italtile. Ons hou selfs gekleurde voegbry en metale aan!” sê sy. “Indien jy met kleur wil speel, oorweeg skakerings van koel grys, mentgroen of swart teëls met swart voegbry. Of die lieflike Chalk-reeks in droommooi pastelle.

“Metroteëls kan in die tradisione­le baksteenpa­troon gelê word, of probeer ’n visgraaton­twerp. Nog ’n prettige en bekostigba­re alternatie­f is metro-mosaïek, of teëls met marmer-are vir ’n tikkie weelde.” >> KONTAK italtile.co.za

 ??  ?? Omdat ’n losstaande bad nie staanplek vir bykomstigh­ede het nie, is ’n nis in die muur ’n slim oplossing.
Omdat ’n losstaande bad nie staanplek vir bykomstigh­ede het nie, is ’n nis in die muur ’n slim oplossing.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa