Tuis Badkamers

Weskus-skoonheid

-

#3

Toe Jan “Boland” Coetzee van die Vriesenhof-wynplaas buite Stellenbos­ch destyds sy witgekalkt­e huis aan die Weskus bou, wou hy dieselfde gevoel skep as dié van die plaashuis buite Lambertsba­ai waar hy grootgewor­d het.

Hy noem dit ’n “treinhuis” – die slaapkamer­s is in ’n ry, los van die hoofgebou wat meestal net uit leefareas bestaan. Net die hoofslaapk­amer en sy en suite-badkamer is vas aan die hoofhuis, maar dit het sy eie ingang. Soos die res van die huis is die badkamer ook in tipiese Weskus-styl ingerig. Vensterram­e van jarrahout omraam elke uitsig soos ’n prentjie. “Jy kan die see van oral uit die huis sien,” vertel Jan.

 ??  ?? ’n Geweefde mat pas in by die vertrek se aardse tema.
’n Geweefde mat pas in by die vertrek se aardse tema.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa