KENNERSRAAD
Ontblote pype is perfek vir ’n vintage-styl, sê Brandon Fyfe van Thompson’s Plumbing.
“Koperpype is mooi en bly reguit, anders as plastiek wat maklik buig. Koper is wel duurder as plastiek,” verduidelik hy.
“Wanneer jy koperpype installeer, moet enige laswerk netjies gedoen word vir ’n afgeronde voorkoms. Die pype moet ook met die regte stutte teen die muur vasgesit word om waterslag weens teendruk wanneer die krane skielik toegemaak word, te vermy. So ’n drukgolf kan groot probleme veroorsaak, soos ’n geraas en vibrasies, en selfs pype wat bars.
KONTAK thompsonsplumbing.co.za