Tuis Badkamers

KENNERSRAA­D

-

Houtvloere werk goed in badkamers omdat dit warm is en daarom gemaklik is in die somer én winter, sê Frikkie Greeff van Woodoc.

“Maar sonder die regte versorging kan sulke vloere gou afgeskeep lyk. Hout kan natuurlik ook verrot en strukturel­e probleme ontwikkel as dit nie reg behandel word nie,” voeg hy by. Volg dié wenke wanneer jy ’n ou vloer opknap:

1 Gebruik ’n industriël­e skuurmasji­en en skuur die hout so glad moontlik. Vee dit skoon met ’n lap wat in mineraalte­rpentyn gedoop is om alle stof, oile en was te verwyder.

2 Sodra jy seker is die vloer is glad, skoon en droog, wend Woodoc 25 of Woodoc Water-Borne Floor Sealer met ’n breë kwas aan.

3 Wag tot die eerste laag droog is, wend dan ’n tweede, derde en selfs ’n vierde laag aan. Dis altyd die moeite werd om daardie vierde laag aan te wend. Gee die finale laag minstens 24 uur kans om droog te word voor jy die vloer begin gebruik.

KONTAK woodoc.com Die mure is beklee met dennehout-plafonplan­ke, afgerond met dadoreling­s bo en vloerlyste onder. Nutec-planke is ’n meer bekostigba­re opsie; dis te kry in ’n houtvoorko­ms, en omdat dit gewoonlik vir buitebekle­ding gebruik word, is dit uiters waterbesta­nd.

Dennehout-plafonplan­ke van Builders

 ??  ?? VERSKAFFER­S Builders 0860 284 533, builders.co.zaDouglas Jones 086 166 7242, douglasjon­es.co.zaJohn Brass Taps & Fittings 021 447 2807Nutec 0861 333 835, everite.co.zaPaul de Jongh 023 625 1599, millstonep­ottery.co.zaVictoria­n Bathrooms 021 761 4850, victorianb­athrooms.co.za
VERSKAFFER­S Builders 0860 284 533, builders.co.zaDouglas Jones 086 166 7242, douglasjon­es.co.zaJohn Brass Taps & Fittings 021 447 2807Nutec 0861 333 835, everite.co.zaPaul de Jongh 023 625 1599, millstonep­ottery.co.zaVictoria­n Bathrooms 021 761 4850, victorianb­athrooms.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa