Tuis Badkamers

Stort met ’n storie

-

Toe hulle in 2015 by die huis met sy hardehoutv­loere intrek, was die stort “... nogal interessan­t, om dit mooi te stel,” vertel hulle. Water het deur die planke onder die stortvloer gesypel en die deur het nie die opening heeltemal toegemaak nie. “Die water het die hele vertrek vol gespat.” Hulle het destyds gedoen wat hulle kon en die stort toe al effens verander, maar dit was net ’n tydelike oplossing.

Al die jare se nattigheid het onherstelb­are waterskade veroorsaak.

“Toe ons besef die hele stortvloer sou verwyder moes word, het dit ons genoeg rede gegee om sommer die stort se mure ook te vernuwe. Ons het besluit om metroteëls in ’n visgraatpa­troon teen die mure te lê, ’n inham in die stortmuur te skep vir seep en sjampoe, en die kraan en stortkop te vervang. Die vloer het houtskoolk­leurige teëls gekry.”

Die swart stortdeur-rame is pasgemaak en hul soektog na die regte (swart) stortkop het lank geduur.

Daar ís van hulle beskikbaar by toonaangew­ende handelaars, maar dit is meestal onbekostig­baar, vertel Lizelle. “Ná ’n lang internetso­ektog het ons dié een gekry by Plumbitonl­ine in Centurion – teen ’n véél beter prys.” >>

 ??  ?? Die wasbak en kraan is albei van Studio 19. Lizelle het by ’n vriendin van dié produkte gehoor en toe sy dit sien, het sy geweet sy móét net vir Nico oorreed om die projek uit te brei. “Dis regtig uniek en ek het dit nog nêrens gesien nie,” vertel sy.
Die wasbak en kraan is albei van Studio 19. Lizelle het by ’n vriendin van dié produkte gehoor en toe sy dit sien, het sy geweet sy móét net vir Nico oorreed om die projek uit te brei. “Dis regtig uniek en ek het dit nog nêrens gesien nie,” vertel sy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa